Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
11 Augustus 2008
Ram (21/3-20/4): Jou oorredingsvermoëns is nou besonder goed en jy kry dit reg om ander om jou pinkie te draai. Bul (21/4-20/5): Maak tydsbestuur jou eerste prioriteit, want dit sal deurslaggewend wees wat die sukses van dit wat jy nou aanpak, aanbetref. Tweeling (21/5-20/6): Probeer om dieper te dink oor dinge en nie net die ooglopende rykdom na te jaag nie. Jou geluk hang van meer af as sukses en geld. Kreef (21/6-22/7): ’n Persoonlike transformasie kan wondere vir jou selfbeeld en jou prestasie verrig. Werk aan jou foute. Leeu (23/7-22/8): Jy kan nie net terugsit en hoop al jou drome word waar nie – jy moet self die platform skep vir geleenthede. Maagd (23/8-22/9): Goeie geleenthede vir selfverbetering gaan oor jou pad kom. Weegskaal (23/9-22/10): Benut die harmonieuse tyd in jou vriendskappe ten volle. Jy kan ’n verskil maak in jou geliefdes se lewens. Skerpioen (23/10-22/11): Maak werk daarvan om van jou probleme en agterstallige werk ontslae te raak. Slegs dan sal jy kan aanbeweeg. Boogskutter (23/11-21/12): Let op hoe jy jouself aan ander voorstel. Probeer veral meer vriendelik wees. Steenbok (22/12-20/1): Indien jy op die uitkyk was vir ’n verhoging of nuwe pos, is dit nou die tyd om ’n kans te waag. Waterdraer (21/1-19/2): Jou gemoed is oop en jy kan kreatief dink. Dit is die ideale tyd om planne te genereer wat jou en ander kan help. Visse (20/2-20/3): Wanneer dit kom by netelige gesinskwessies, moet jy na jou sesde sintuig luister. William Smith
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|