Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
12 Augustus 2008
Ram (21/3 – 20/4): Veranderinge by die huis kan tot teleurstellings lei wat jou persoonlike lewe aanbetref . Bul (21/4 – 20/5): Die persoon vir wie jy lief is, voel uitgesluit uit jou planne en kan antagonisties optree. Tweeling (21/5 – 20/6): Verveling en stagnasie is ’n gevaar in dié tyd. Hou jouself besig. Kreef (21/6 – 22/7): Jou liefdeslewe of ’n ander verhouding gaan deur ’n moeilike tyd. Dit kan moontlik selfs verbreek word. Leeu (23/7 – 22/8): Enige probleme wat jy ondervind, is moontlik die gevolg van foute van die verlede. Maagd (23/8 – 22/9): Bly by jou roetine en slaan ag op die toekoms. Weegskaal (23/9 – 22/10): Jy het reg om by die werk ongelukkig te voel, want daar word meer van jou verwag as wat een mens op ’n slag kan doen. Skerpioen (23/10 – 22/11): Jaloesie en nyd onder jou medewerkers gee jou rede tot kommer. Boogskutter (23/11 – 21/12): Persoonlike planne loop dalk skeef, maar jy hoef jou nie te kwel nie. Die wiel sal draai. Steenbok (22/12 – 20/1): Verwag ’n tydperk van introspeksie. Waterdraer (21/1 – 19/2): Moenie toelaat dat ander se negatiwiteit jou onderkry nie. Visse (20/2 – 20/3): Jy sal moet leer om onder druk te werk, selfs die beste daarvan te maak. William Smith
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|