Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
15 Augustus 2008
Ram (21/3 – 20/4): Jy stel vir jouself grense wat jou terughou. Wees jou beste self. Bul (21/4 – 20/5): Dinge is op die oomblik moeilik by die werk, maar byt vas en lewer jou beste. Tweeling (21/5 – 20/6): Indien jy in ’n verhouding is, is dit nou die tyd om vir die ander te wys hoeveel jy omgee. Kreef (21/6 – 22/7): Maak vrede met ’n familielid met wie jy al lank vassit. Dit sal ander aspekte van jou lewe ook vergemaklik. Leeu (23/7 – 22/8): Indien daar iets is wat jy baie graag wil koop, sal jy dit kan kry deur maandeliks geld opsy te sit. Wees streng met jouself. Maagd (23/8 – 22/9): Ambisie is nie ’n slegte ding nie, maar jy moet realisties ook wees. Weegskaal (23/9 – 22/10): Maak tyd in jou skedule vir ontspanning en familiesake. Skerpioen (23/10 – 22/11): Glo in jouself en alles sal skielik vir jou duidelik word. Boogskutter (23/11 – 21/12): Verveling kan gevaarlik wees. Soek na nuwe uitdagings. Steenbok (22/12 – 20/1): Jy het ’n kop vol idees en jou base en ander sien dit ook raak. Waterdraer (21/1 – 19/2): Beplanning sal lei tot sukses. Visse (20/2 – 20/3): Moenie net rondloop met jou planne nie, maak werk daarvan. William Smith
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|