Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
19 Augustus 2008
Ram (21/3 – 20/4): Geld word in oorweging gebring met elke besluit wat jy nou moet maak. Bul (21/4 – 20/5): Om die waarheid te konfronteer, is nie maklik nie, maar baie nodig. Tweeling (21/5 – 20/6): Daar is ongelukkigheid tuis, en ’n groot kans dat harde woorde kan val. Probeer die vrede bewaar. Kreef (21/6 – 22/7): Daar word van jou verwag om kant te kies wanneer jou vriende vassit. Jy hoef dit nie noodwendig te doen nie. Leeu (23/7 – 22/8): Stres hou ’n gesondheidsgevaar in. Probeer beheer uitoefen oor jou take. Maagd (23/8 – 22/9): Wanneer jy vinnig optree, kan jy chaos vryspring. Onthou dit in jou handelinge. Weegskaal (23/9 – 22/10): Loop lig vir misdaad, maak seker jy is nie ’n sagte teiken nie. Skerpioen (23/10 – 22/11): Verlies en pyn staar jou dalk in die gesig. Wees voorbereid. Boogskutter (23/11 – 21/12): Jy ontbloot dalk wanpraktyke in jou nabye omgewing. Steenbok (22/12 – 20/1): Jy kan mense breek met jou woorde, maar dit sal beter wees om eerbaar op te tree. Waterdraer (21/1 – 19/2): Jy is jou eie vyand as jy fokus op die negatiewe. Visse (20/2 – 20/3): Berei genoegsaam voor en verseker so jou sukses in die uitdagings wat jy aanpak. william smith
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|