Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    4 Oktober 2008
    Oct 03 2008 08:49:45:147AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend

    Ram (21/3 – 20/4): Jy kan suksesvol wees in die take wat jy nou aanpak, sou jy nie jou geluk te veel uitprobeer nie.

    Bul (21/4 – 20/5): Jy is afhanklik van jouself om dinge te vermag en dit maak jou sterk. Jou konsentrasievermoë help jou om take vinnig en deeglik af te handel.

    Tweeling (21/5 – 20/6): Jy het die vermoëns om te bereik wat jy graag wil, maar jy kort motivering en deursettingsvermoë.

    Kreef (21/6 – 22/7): Hoewel dit ’n belowende tydperk is, gaan jy dinge nie kry sonder harde werk nie. Sit skouer aan die wiel.

    Leeu (23/7 – 22/8): Jy sal blitsig te werk moet gaan as jy een voor wil wees by die werk. Dis ’n vinnig veranderende omgewing en jy sal moet bybly.

    Maagd (23/8 – 22/9): Jy mag dalk rondreis of iets heeltemal nuut ervaar. Gryp elke geleentheid.

    Weegskaal (23/9 – 22/10): Jy maak ’n groot skuif in jou loopbaan. Dit is dalk vreesaanjaend aan die begin, maar wees gerus dat jy later beslis nie spyt sal wees nie.

    Skerpioen (23/10 – 22/11): Die teken van goeie vriendskap is vrolikheid en vriendelikheid. Moet nie net altyd kla by jou vriende nie.

    Boogskutter (23/11 – 21/12): Jy sukkel dalk met ’n kwaal wat maar net nie wil weggaan nie. Die antwoord lê dalk in natuurlike medisyne.

    Steenbok (22/12 – 20/1): Leer om verantwoordelikheid vir jouself en jou eie besluite te neem. Jy kan nie altyd die skuld op ander pak nie.

    Waterdraer (21/1 – 19/2): Jy kan finansiële voordeel trek uit al jou blink planne en idees.

    Visse (20/2 – 20/3): Jy moet ’n voorbeeld stel tuis. Jou goeie gedrag en aanpassing by verskillende omstandighede sal ander oorreed om dieselfde te doen.

    William Smith


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |