Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Waterberg nou erken deur VN as biosfeer
Unesco het 368 biosfeer-reservate in 91 lande. Die Waterberg-Biosfeer-reservaat strek oor 'n gebied van Bakenberg, Potgietersrus, Naboomspruit, Vaalwater, Nylstroom, Warmbad en Thabazimbi tot net suid van Ellisras. Dit beslaan 'n gebied van 14 500 km2, maar sal waarskynlik nog heelwat uitgebrei word. Die reservaat sluit private plase, sowel as staats- en stamgrond in. Dit sluit in die Waterberg-bewaringsgebied wat in 1990 gestig is, en private wildreservate soos Lapalala, Touchstone, Kwalata en Keta, sowel as 'n nasionale park, Marakele, en provinsiale reservate soos Mokolo-dam, Wonderkop, Masebe en die Moepel-plase wat aan die plaaslike gemeenskap behoort maar in 'n reservaat ontwikkel gaan word. Dit sluit ook die Nylsvley-reservaat in wat 'n Ramsar-erkende vleigebied is. Dit is die derde erkende biosfeer in Suid-Afrika naas Langebaan, 'n vleigebied, en Kogelberg by Hermanus, 'n fynbosgebied, albei in die Wes-Kaap. Die Waterberg-biosfeer vorm nou - met sy internasionale status - deel van die wêreldnetwerk van biosfeer-reservate. 'n Biosfeer-reservaat is 'n unieke bewaringsgebied wat aan drie vereistes van Unesco voldoen, naamlik om 'n bewarings-, ontwikkelings- en logistieke rol te vertolk. Dit beteken eerstens dat dit hulpbronne, dier- en plantspesies wat eie aan die gebied is, ekostelsels en landskappe in die gebied moet bewaar om die biologiese diversiteit te handhaaf. Ontwikkeling in die gebied moet voorts só plaasvind dat hulpbronne só aangewend word dat die plaaslike gemeenskappe daarby baat kan vind. Die gebied moet ook navorsings-, opvoedings- en opleidingsgeleenthede en -geriewe bied vir plaaslike, streek- en internasionale doeleindes. Mnr. Clive Walker, bekende omgewingsbewaarder, en 'n paar ander inwoners van die gebied het sowat vier jaar gelede begin met aanvoorwerk wat uiteindelik gelei het tot die internasionale erkenning van die gebied. Mnr. Valli Moosa, minister van toerisme en omgewingsake, het by die bekendstelling gister op die Nyathi-wildplaas gesê die erkenning van die gebied is nie net vir die provinsie belangrik nie, maar vir die hele Suid-Afrika. Volgens hom is toerisme een van die sektore wat vir Suid-Afrika die meeste geld kan inbring.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|