Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Nobelprys-wenner geroskam oor vigs
    Oct 10 2004 10:27:00:907PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Kaapstad. - Die Nobelprys-wenner dr. Wangari Maathai het skerp kritiek uitgelok onder plaaslike vigsaktiviste nadat sy weer gesê het die vigsvirus is doelbewus in 'n laboratorium geskep vir biologiese oorlogvoering.

    Maathai is die eerste vrou in Afrika aan wie die Nobelprys vir vrede toegeken is.

    Haar medebenoemde, die voorsitter van die Treatment Action Campaign (TAC), mnr. Zackie Achmat, het verkies om stil te bly oor haar vigsuitlatings.

    Die prominente vigsdokter en direkteur van die Suid-Afrikaanse MIV-entstof-aksieveldtog, dr. Ashraf Grimwood, het egter Sondag gesê uitlatings soos dié werp 'n skadu oor die manier waarop mense verkies word vir Nobelpryse.

    "Die beoordelaarspaneel behoort na die hele mens te kyk, en nie net na een aspek nie."

    Hy het gesê die mensdom het nog nie oor die tegnologie vir dié soort biologiese oorlogvoering beskik in die tyd toe die eerste aangetekende slagoffers van MIV/vigs gesterf het nie.

    Me. Luann Hatani, direkteur van die Networking Aids Communities of South Africa (Nacosa), wat sowat 300 vigsorganisasies verteenwoordig, het gesê Maathai probeer 'n sondebok soek. "Ek is egter nie seker of samesweringsteorieë soos dié ons sal help om die vigskrisis die hoof te bied nie."

    Maathai (64), Keniaanse minister van omgewingsake, het Saterdag in Nairobi op 'n perskonferensie gesê meer swart mense sterf weens vigs "as enige ander mense op dié planeet".

    Dié perskonferensie is gehou 'n dag nadat sy die Nobelprys gewen het vir haar werk as leier van die Groen Gordel-beweging, wat al 30 jaar vir omgewingsregte veg.

    "Ons het Irak binnegeval omdat ons geglo het Saddam Hoesein was besig om agente vir biologiese oorlogvoering te skep.

    "Die feit is dat dit (die MI-virus) deur 'n wetenskaplike geskep is vir biologiese oorlogvoering. Hoekom is daar so baie geheimhouding rondom MIV/vigs? Dit maak my agterdogtig."

    'n Keniaanse dagblad het in Augustus vanjaar berig dat Maathai gesê het MIV/vigs is deur wetenskaplikes geskep vir massavernietiging.

    Pres. Thabo Mbeki, wat bekend is om sy aanhang van vigsafvalliges, het Maathai se Nobelprys as "nog 'n triomf vir Afrika" beskryf.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |