Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Wat vang Dingaan met Piet aan?
Alet Rademeyer Ontstelde werknemers aan die Universiteit van Pretoria (UP), wat ook lede van die vakbond Solidariteit is, het 'n klag by die Menseregtekommissie ingedien oor die uitstalling van 'n kunswerk deur 'n finalejaarstudent wat volgens hulle "skokkend en 'n uitbeelding van siek gemors is wat as kuns verbloem word". Mnr. Jeno Biljon, voorsitter van Solidariteit op die kampus, het gesê die klagte hou verband met 'n getekende kunswerk van 'n Zoeloe-kryger wat besig is om 'n wit man (klaarblyklik Piet Retief) te sodomiseer, terwyl die wit man 'n pot Vaseline omhoog hou en met sy broek op sy knieë deur die kryger vasgehou word. Hy het gesê Solidariteit het bestuur versoek om die kunswerk af te haal omdat dit op diskriminerende praktyk neerkom. Volgens Biljon meen baie werknemers op die kampus dat die toelating van 'n werk soos dié dui op 'n miskenning van 'n gedeelte van die land se geskiedenis wat hulle na aan die hart lê. "Solidariteit sal baie graag wil weet of daar dieselfde stilswye sou wees as oudpres. PW Botha of Nelson Mandela op die manier uitgebeeld sou word," het Biljon gesê. Me. Marleon Hefer, die kunste naar, was ietwat onkant betrap deur die skielike belangstelling wat die werk ontlok het. Volgens haar dui die werk glad nie op seksuele uitbuiting of enige politieke motief nie. "Ek het bloot met taal gespeel en die idioom om 'n rat voor die oë gedraai te word op 'n moderne manier op doek probeer vaslê." Volgens haar handel haar werke oor die omverwerping van tradisionele idees rondom nasionalisme, die skone kunste en ge skiedenis en beklemtoon dit die distansiëring tussen die jeug en ouer geslagte ten opsigte van taalgebruik, visuele uitbeeldings en algemene norme. Prof. Chris de Beer, viserektor van UP, het gesê dit is 'n beperkte uitstalling en die eksamenverslae van finalejaarstudente. "Dit behoort binne dié konteks verstaan te word en daarom gaan die universiteit dit nie verwyder nie. Dit is boonop nie die eiendom van die universiteit nie."
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|