Fotokompetisie reëls
Apr 04 2006 11:28:47:780AM - (SA)
Wanneer u deelneem aan die Beeld /Canon/WWF fotokompetisie aanvaar u alle bepalings, reëls en voorwaardes soos wat tussen Beeld, Canon, WWF en die deelnemer geld.
Foto's wat vir dié kompetisie ingeskryf word, mag nie voorheen gepubliseer wees nie.
Enige direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van Beeld (of van die agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is) of 'n eggenoot, lewensmaat, ouer (aangeneem en aangetroud ingesluit), broers of susters (aangeneem ingesluit) of enige sakevennoot of assosiaat van 'n persoon wat hierbo genoem is, mag nie deelneem nie.
Beeld aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige borge wat nie hul verpligtinge nakom nie.
Foto's word daagliks deur 'n Beeld-paneel beoordeel.
Slegs e-pos-inskrywings word aanvaar by oog@beeld.com.
Slegs oorspronklike koerantuitknipsels sal as leserstemme getel word. Lesers mag soveel keer stem as wat hulle wil. Een koerantuitknipsel tel as een stem.
Rig oorspronklike koerantuitknipsel-stemme aan: Beeld/ Canon/WWF Fotokompetisie, Posbus 595, Auckland Park, 2006.
Deelnemers mag soveel moontlik foto's vir die kompetisie inskryf, maar mag slegs een foto per e-pos aanheg.
Foto's mag nie digitaal gemanipuleer wees nie.
Deelnemers en/of lesers moet hulself bepaal by die volgende sperdatums: - Instuur van foto's vanaf Donderdag 30 Maart tot 27 April. - Instuur van koerantuitknipselstemme vir foto's van 4 April tot 4 Mei om 17:00. - SMS-stemweek is vanaf 8 tot 13 Mei om 17:00
Alle inskrywings word die eiendom van Beeld , Canon en WWF. Dit sal in 'n databank vasgelê word en Beeld en die borge mag die deelnemers se name en adresse vir toekomstige promosie-, bemarking- en publisiteitsdoeleindes gebruik. Deur in te skryf, stem die deelnemer toe daartoe en onderneem die deelnemer om 'n skriftelike versoek van Beeld in hierdie verband op aanvraag te onderteken.
Die promotor is Beeld , Canon en WWF. Indien vereis deur wetgewing of veranderinge in wetgewing sal Beeld, Canon en WWF die reg hê om hierdie promosie onmiddellik en sonder kennisgewing te staak. In die geval van sodanige beëindiging, stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle het kragtens hierdie promosie en gee hulle toe dat hulle geen regseis teen Beeld , Canon of WWF, sy agente en promotors sal hê nie.
Alle deelnemers doen hiermee afstand ten gunste van Beeld , Canon en WWF van enige eise in verband met enige skade en of koste wat die deelnemer mag hê, ly of opdoen deur die deelname aan die kompetisie en/of benutting van enige pryse. Alle deelnemers vrywaar Beeld, Canon en WWF teen enige skade wat enigeen van hulle mag ly en wat veroorsaak word deur sodanige deelneming.
Die beslissing van die redakteur van Beeld oor enige geskil in verband met die kompetisie en die pryse is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
Beeld se beoordelingspaneel hou hulle die reg voor om 'n foto na 'n ander kategorie as waarvoor ingeskryf is, oor te plaas
Teken in op Beeld
Kry Beeld op jou Facebook-profiel
Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi
|