Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Hoe om in te skryf
Meld by elke foto wie dit geneem het, wanneer en waar , wat die gebeurtenis is, die kamera waarmee die foto geneem is en 'n kontaknommer. Foto's mag nie digitaal gemanipuleer word nie. As die beoordelaarspaneel vermoed daar is met 'n foto gepeuter, sal dit onmiddellik gediskwalifiseer word. Die redakteur se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Foto's mag nie voorheen gepubliseer gewees het nie. Stuur asseblief net 1 foto per epos aan oog@beeld.com Die fotograaf van die beste nuus en die beste omgewing/natuurfoto sal elk 'n EOS 350D-digitale kamera van Canon wen. Lesers kan van stem deur hul gunsteling-foto's uit te knip en in 'n koevert aan Posbus 595, Auckland Park, 2006, te stuur. Die foto's wat die meeste stemme ontvang, sal finaliste wees. Lesers wat stem, staan boonop die kans om digitale kameras van Canon en vakansies te wen. Die foto's sal net een keer in Beeld verskyn en deelnemers sal die koerant elke dag moet dophou om te sien of hul foto's die paal gehaal het. Baie van die foto's wat nie die koerant haal nie, verskyn hier op Beeld se webruimte. 'n Paneel onder die leiding van Dawid Roux, Beeld se fotoredakteur, kies die beste foto's. Dit sal elke dag tot 29 April in die koerant verskyn, maar die webgalerye sal langer vertoon word.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|