Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Omstrede tronkhoof Linda Mti het glo bedank
    Aug 27 2006 09:45:55:087PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Verwante Berigte
  • Balfour in duister oor tronkhoof se belange
  • Balfour in duister oor tronkhoof se belange
  • DKD: Kommissie kyk na tronkbaas se sakebande
  • Tronkbaas ontken belangebotsing
  • Tronkbaas ontken belangebotsing
  • Adriaan Basson en

    Sterk gerugte doen die ronde dat komm. Linda Mti, nasionale tronkhoof, bedank het en vandag sy laaste werkweek by die departement van korrektiewe dienste (DKD) begin.

    Beeld het betroubaar verneem dat Mti reeds sy bedankingsbrief by mnr. Ngconde Balfour, minister van korrektiewe dienste, ingehandig het en Vrydag sy kantoor gaan ontruim.

    Balfour het gister geweier om vrae te beantwoord, maar nie Mti se bedanking ontken nie.

    “Julle gaan dit skryf en julle gaan dit op die verkeerde manier skryf. Ek sit by die huis saam met my vrou. Ek wil nie daarop ingaan nie,” het hy gesê.

    Hy het alle navrae na die DKD-woordvoerders verwys.

    Mnr. Manelisi Wolela, DKD-woordvoerder, het die gerugte ten sterkste ontken. “Dit is ver van die waarheid af,” het hy gesê en bygevoeg Mti beoog “glad nie” om te bedank nie.

    Mti het die naweek aan City Press gesê niemand het die koerant die reg gegee om met hom te praat nie.

    Die gerugte kom kort nadat die Staatsdienskommissie (SDK) aangekondig het sy ondersoek na Mti se private sakebelange duur voort. Die SDK het in Mei inligting van Balfour aangevra nadat Beeld onthul het ’n private maatskappy is vir Mti geregistreer deur ’n werknemer van die Bosasa-groep van maatskappye.

    Sondolo IT, ’n maatskappy in dié groep, het in minder as ’n jaar twee multi-miljoenrand-tenders by die DKD gekry.

    Mti het onlangs deurgeloop onder toenemende kritiek oor die manier waarop die DKD se finansies bestuur word.

    Dit het ook aan die lig gekom dat sy departement nie die verlangde uitvoerbaarheidstudie gedoen het voordat ’n kontrak vir die bou van ’n tronk in Kimberley geadverteer is nie.

    Lede van die parlement se staande komitee vir openbare rekeninge (Skoor) het Mti verlede week erg gekritiseer oor sy bestuur van die departement en gesê hulle glo hy lei die departement in die verkeerde rigting.

    Beeld het in Maart onthul Lianorah Investment Consultancy, waarvan Mti die enigste direkteur is, is op 14 Februarie 2005 deur mnr. Tony Perry, ’n werknemer van Bosasa, geregistreer.

    Mti het enige onbehoorlikheid ten sterkste ontken en gesê Perry was bloot ’n afgetrede rekenmeester wat hom gehelp het om die maatskappy te registreer.

    Daar was reeds in April, nadat sy moontlike botsende belange onthul is, gerugte dat Mti wou bedank, maar dat Balfour dit nie wou aanvaar nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |