Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
DKD-tenders moet ondersoek word, sê DA
Kaapstad. – Die departement van korrektiewe dienste (DKD) se toekenning van kontrakte aan ’n maatskappy wat bande het met komm. Linda Mti, uittredende nasionale tronkhoof, moet behoorlik ondersoek word, het die DA gister gesê. Mnr. James Selfe, DA-LP, het in die Nasionale Vergadering gesê indien Beeld en Die Burger se berigte oor hierdie bande en die onreëlmatighede in die toekenning van die kontrakte selfs net vaagweg waar is, behoort dit volledig ondersoek te word sodat die tenderproses se integriteit weer herstel kan word. Beeld en Die Burger het gister berig dat Sondolo IT, ’n maatskappy wat bande met Mti het, ’n groot deel van ’n tender vir die installasie en instandhouding van toegangsbeheerstelsels in 66 tronke self geskryf het. Sondolo het daarná dié R237 miljoen-kontrak gewen. Die Staatsdienskommissie ondersoek tans Mti se belange, terwyl die spesiale ondersoekeenheid die tenders se toekenning ondersoek. Die DKD het ontken dat “enige eksterne organisasie” betrokke was by die skryf van die tenderdokument. Volgens mnr. Manelisi Wolela, DKD-woordvoerder, het ’n tegniese komitee die tenderspesifikasies opgestel deur “ou spesifikasies” met “nuwe tegnologie” te verbeter. Hy wou gister egter nie verder reageer nie. Mnr. Papa Leshabane, woordvoerder van die Bosasa-groep, het gister gesê hulle het nog nie besluit of hulle op Beeld en Die Burger se onthullings van tenderkonkelry gaan reageer nie. “Ons oorweeg nog ons opsies, maar sal waarskynlik nie reageer nie.” Mti het vroeër vandeesweek beloof om gister ’n verklaring uit te reik, onder andere om omstandighede rondom sy beweerde dronkbestuurongeluk aan die begin van die maand te verduidelik, maar geen só ’n verklaring het Beeld bereik nie. Hy is tans in gesprekke met die reëlingskomitee vir die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi oor sy moontlike aanstelling as veiligheidshoof in dié komitee.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|