Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Nog drie vas
nadat boer
geskiet word
Bloemhof. – Nog drie verdagtes wat met die plaasmoord op die 64-jarige mnr. Hans Pienaar verbind word, is Vrydagmiddag in hegtenis geneem. Die drie mans (onderskeidelik 27, 28 en 33) is in Boitumelong naby Bloemhof aangekeer en verskyn môre in die Bloemhof-landdroshof op aanklagte van moord en poging tot moord. Nog ’n verdagte, mnr. Letlhogonolo Sekwakwa (28), is reeds op 13 April, die dag ná die voorval, aangekeer. Hy is steeds in aanhouding nadat hy kort daarna in die hof verskyn het. Pienaar is op 12 April op sy plaas, Mooiplaas, tussen Bloemhof en Schweizer-Reneke doodgeskiet toe hy wou gaan ondersoek instel waarom die honde so blaf. Hy het na hul plaaswinkel gestap toe die verdagtes op hom begin skiet het. Pienaar is in die bors en rug geskiet en is op die toneel dood. Sy vrou, me. Elbé Pienaar (56), het uit die huis gekom toe sy die skote hoor. Sy is in die regterskouer en skrams bo die regteroog gewond. Sy het egter daarin geslaag om met ’n voertuig te ontsnap en na die bure gevlug. Niks word uit die Pienaars se huis vermis nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|