Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Radebe sê hy weet nie van eNaTIS-verslag Mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer, het gister ontken dat hy die ouditeur-generaal (OG) se verdoemende verslag oor die eNaTIS-stelsel gesien het en geïmpliseer sy direkteur-generaal (DG) het dit van hom weerhou. ’n Storm het gister om Radebe losgebars nadat Beeld onthul het die OG-verslag, waarvan ’n voorlopige weergawe reeds in Desember aan die departement oorhandig is, se aanbevelings is blatant geïgnoreer. Radebe het by monde van mnr. Collen Msibi, sy woordvoerder, gesê die OG-verslag is deur hooggeplaastes soos me. Mpumi Mpofu, DG van vervoer, gesien, maar geen kopie daarvan is aan Radebe oorhandig nie. Beeld het gister berig die OG het Radebe en sy departement geadviseer dat eNaTIS ’n “vernedering” vir die land sou wees as dit op een slag – soos wat gebeur het – ingestel sou word. Volgens die OG sou daar dan ’n 80%-kans op mislukking wees. Daar is ook bevind dat die departement reeds R117,6 miljoen aan eNaTIS oorbestee het. Van die 24 aspekte van eNaTIS wat die OG ondersoek het, is 19 “hoë risiko”. Die departement was gister tjoepstil oor die R408 miljoen-kontrak wat op 19 Julie 2001 aan die Tasima-konsortium (bestaande uit Face Technologies, Webcom Consulting en Thuthukani IT) toegeken is óf watter stappe gedoen is ná die OG-verslag aan hulle oorhandig is. Al drie die departement se woordvoerders het Beeld se navrae na die ander verwys. Later was nie één van hulle beskikbaar nie. Mpofu, wat na bewering die verslag ontvang het maar nie aan Radebe oorhandig het nie, wou gister ook geen kommentaar lewer nie. “Alle verklarings sal deur mnr. Sam Monareng (een van die woordvoerders) behartig word,” het me. Michelle Phenya, Mpofu se persoonlike assistent, gesê. Opposisiepartye was gister verenig in hul kritiek op Radebe en sy departement. Mnr. Stuart Farrow, DA-LP en woordvoerder oor vervoer, het aan me. Baleka Mbete, die speaker, geskryf en gevra dat Radebe die “eNaTIS-krisis” aan die parlement kom verduidelik. Volgens Farrow het Radebe te ver gegaan as hy die instelling van eNaTIS toegelaat het terwyl hy bewus was van die OG se aanbevelings. “Hy het belastingbetalers se geld en die publiek se tyd gemors. “Daar moet gevolge wees.” Mnr. Koos van der Merwe, IVP-hoofsweep, het dringende parlementêre vrae aan Radebe gerig oor die tenderproses en Tasima se aandeelhouers. Volgens dr. Corné Mulder, VF+-woordvoerder oor vervoer, het Radebe “blatant sy grondwetlike pligte versuim”. Mulder gaan pres. Thabo Mbeki versoek om ’n onafhanklike ondersoek in te stel na Radebe se beweerde gebrek aan optrede en “chaos” met die eNaTIS-stelsel.
|
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|