Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Firma van eNaTIS se kontrak dalk langer
May 24 2007 07:58:18:880AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Rajaa Azzakani


Die konsortium wat die omstrede eNaTIS-stelsel ontwerp het, se staatskontrak kan “vir nog ’n rukkie” verleng word.

Só het me. Mpumi Mpofu, direkteur-generaal van vervoer, gister in die parlement gesê. Sy en mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer, is deur die portefeuljekomitee vir vervoer gevra om te verduidelik waarom besluit is om met eNaTIS voort te gaan nadat die ouditeur- generaal (OG) aangedui het die stelsel het ’n 80%-kans om te misluk.

Beeld het verlede week onthul die OG het sy verdoemende verslag reeds in Februarie aan die departement gestuur. Radebe en Mpofu ontken kennis daarvan en het gister gesê die departement probeer steeds uitvind wie daarvoor geteken het. Die OG het Maandag bevestig dit is aan mnr. Thabo Tsholetsane, uitvoerende hoof van die padverkeerbestuurs- korporasie (RTMC), en die departement se inligtingshoof oorhandig.

Die eNaTIS-stelsel word binnekort ’n afdeling in die RTMC.

Volgens Mpofu verval Tasima, die konsortium wat die R408 miljoen-tender vir eNaTIS gekry het, se kontrak met die staat einde vandeesmaand. “Weens die probleme wat ons daarmee ondervind het, kan ons moontlik hul kontrak vir nog ’n rukkie verleng. Dit hoef nie vir baie lank te wees nie.”

Radebe het bevestig hy het gister vir die eerste keer ’n afskrif van die verslag van adv. Terence Nombembe, die OG, ontvang. Hy was eergister verskeie kere telefonies met hom in verbinding en het voor gister se komiteevergadering met hom vergader. Volgens Radebe het Nombembe aangedui die verslag is nooit aan hom of Mpofu gestuur nie, maar aan die RTMC, wat daarvoor gevra het.

Hy het LP’s vir tyd gevra om dit te bestudeer voordat hy hulle daaroor inlig.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |