Had Divvie maar om die vuur geskrum
Sjoe, dit moet darem kwaai op 'n ou se sisteme wees as jy Sondagoggend wakker word en rustig kafee toe stap om die duiwel se bybel te gaan koop.
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Bevorder ten spyte van eNaTIS-onbevoegdheid
May 24 2007 10:02:29:780PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Firma van eNaTIS se kontrak dalk langer
  • Firma van eNaTIS se kontrak dalk langer
  • eNaTIS: 2 loop voor die tyd
  • eNaTIS: 2 loop voor die tyd
  • Vingerwysery oor wie vir eNaTIS-verslag geteken het
  • Vingerwysery oor wie vir eNaTIS-verslag geteken het
  • Radebe sê hy weet nie van eNaTIS-verslag
  • Radebe sê hy weet nie van eNaTIS-verslag
  • Cobus Coetzee

    Die projekbestuurder van eNaTIS is onlangs bevorder ondanks bevindings deur die ouditeur-generaal (OG) dat hy ongekwalifiseerd was om tegniese sleutelbesluite oor die eNaTIS-projek te neem.

    Mnr. Werner Koekemoer is op 1 April as direkteur van verkeersinligtingstelsels in die nasionale departement van vervoer aangestel – slegs twee maande nadat die verdoemende OG-verslag aan die departement oorhandig is.

    Beeld is in besit van ’n kopie van dié OG se finale verslag wat uitwys dat Koekemoer en twee ander hooggeplaastes in die departement besluite geneem het wat ’n “impak op die tegniese, operasionele, infrastruktuur van eNaTIS gehad het”.

    Die twee ander persone wat deur die OG uitgewys word, is me. Wendy Watson, vorige hoofdirekteur: landvervoerregulering en mnr. Jerry Mokokoena, vorige bedryfshoof van die departement.

    Watson is kort ná die voorlopige OG-verslag in Desember afgehandel is by die departement weg, terwyl Mokokoena enkele dae ná die verslag op 2 Februarie aan die departement oorhandig is, bedank het.

    Koekemoer, Watson en Mokokoena het saam die besluitnemingsliggaam van die eNaTIS-projek gevorm wat volgens die OG nie oor die regte kennis of kwalifikasies beskik het om besluite oor eNaTIS te neem nie.

    “Die projekbestuurder (Koekemoer) het menige take verrig, soos finansiële bestuurder, reguleerder van sagteware-ontwikkeling en bemiddelaar tussen die departement en Tasima (die konsortium wat eNaTIS ontwikkel het) wat hom geweldige invloed gegee het,” lui die verslag.

    Die OG sê verder dat nie een van die twee permanente amptenare van die departement wat aan eNaTIS gewerk het, oor die regte teoretiese kwalifikasies beskik het nie.

    Voor sy bevordering het Koekemoer die posisie van assistent-direkteur: eNaTIS beklee.

    Koekemoer het Beeld gister gebel om uit te vind hoe die koerant die OG se verslag bekom het.

    Hy het bevestig dat hy die nuwe posisie beklee en gesê hy is net bekommerd oor wat Beeld gaan publiseer.

    “Ek hoop nie julle publiseer iets wat die sekuriteit van die stelsel sal ondermyn nie,” het hy gesê. Hy het ontken dat hy die verslag gesien het.

    Volgens die OG is verskeie ongemagtigde veranderings in die begin van die eNaTIS-projek deur ongemagtigde personeellede van die departement gedoen.

    Van die besluite het tot die volgende gelei:

  • ’n Oorbesteding van meer as R25 miljoen, R15,5 miljoen daarvan op die Oracle-lisensie en R10 miljoen op die bou van eNaTIS se kantore en rekenaarsentrum in Midrand;

  • ’n Verlenging van die tenderkontrak wat belastingbetalers ’n bykomende R90 miljoen gekos het;

  • Hersiening van die mylpale wat gelei het tot die vertraging van die eNaTIS-projek.

    Die verslag beklemtoon dat oorbesteding op eNaTIS tot R117,6 miljoen of 28% beloop het.

    Die OG het die oorbesteding toegeskryf aan onbevoegde en onvoldoende projekbestuur, oorskryding van regte deur personeel en onakkurate data wat tydens die tenderproses aan tenderaars gegee is.

    Mnre. Collen Msibi, min. Jeff Radebe se woordvoerder, óf Sam Mona-reng, woordvoerder vir die departement, kon gister ná ’n week se navrae sê hoekom Koekemoer, Watson en Mokokoena in die poste aangestel is óf wat hulle kwalifikasies is nie.

    Nie Watson, Koekemoer óf Mokokoena kon gisteraand vir kommentaar bereik word nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |