Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Vervoer wil Beeld keer oor eNaTIS
Beeld het gisteraand in die Pretoriase hooggeregshof ’n dringende aansoek van die departement van vervoer afgeweer oor die omstrede eNaTIS-stelsel. Die departement wou Beeld verhoed om verdere onthullings oor eNaTIS te publiseer. Me. Mpumi Mpofu, direkteur-generaal (DG) van vervoer, was gisteraand self by die Paleis van Justisie om die aansoek te verdedig. Beeld het ’n verdere verslag van die ouditeur-generaal (OG) bekom wat verband hou met eNaTIS se sekuriteit. Beeld het gisteroggend ’n skriftelike navraag aan die departement hieroor gerig. Teen 16:00 het die departementele woordvoerder om nóg ’n uur uitstel gevra om hul reaksie voor te berei. Om 17:00 het mnr. Collen Msibi, woordvoerder van min. Jeff Radebe, egter laat weet dat die departement tot vandag nodig het om ’n antwoord voor te berei. Beeld het tot die versoek ingestem. Maar teen omstreeks 19:00 het die staatsprokureur Beeld se verslaggewer ingelig dat ’n dringende aansoek nogtans om 20:30 in die hof gebring gaan word. Die partye het in regterskamers ooreengekom dat die departement vanoggend hofstukke sal opstel en aan Beeld se prokureurs oorhandig om vir die aansoek voor te berei. Na verwagting sal die saak vanmiddag in die Paleis van Justisie voor regter Dion Basson aangehoor word. Peet Kruger, redakteur van Beeld, het gisteraand gesê Beeld is vasbeslote om die volle waarheid oor eNaTIS en die ondersoeke daarna bloot te lê. Volgens hom is dit in die openbare belang dat die storie gepubliseer word. Die aansoek om ’n interdik teen Beeld om nuwe inligting oor die eNaTIS-debakel te publiseer, volg nadat Beeld op 22 Mei vanjaar eksklusief onthul het dat die ouditeur-generaal (OG) die departement van vervoer reeds in Desember 2006 in ’n verdoemende verslag – een van drie deur die OG oor eNaTIS – gewaarsku het dat daar ’n 80% kans is dat die eNaTIS-stelsel sal misluk as dit gelyktydig inwerking gestel word. In dié oudit van die R408 miljoen-stelsel het die OG na 24 aspekte van eNaTIS gekyk en 19 daarvan as “hoë risiko” bestempel. Die onthulling het ’n vingerwysery in die departement van vervoer laat ontstaan. Die OG het bevestig hy het sy verslag in Februarie aan mnr. Thabo Tsholetsane, uitvoerende hoof van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), én die departement se inligtingshoof, oorhandig. Maar aan Beeld is gesê die verslag het nóg Radebe, nóg Mpofu bereik. Beeld het later ook onthul mnr. Werner Koekemoer, die projekbestuurder van eNaTIS, is onlangs bevorder ondanks bevindings deur die OG dat hy ongekwalifiseerd was om tegniese sleutelbesluite oor die eNaTIS-projek te neem. Koekemoer is op 1 April as direkteur van verkeersinligtingstelsels in die nasionale departement van vervoer aangestel – slegs twee maande nadat die verdoemende OG-verslag aan die departement oorhandig is.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|