Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Sanef steun Beeld oor eNaTIS-inligting
Hy meen die departement tree onkonstitusioneel op, het Sanef in 'n verklaring gesê. Sanef verwerp die optrede van die departement wat eers meer tyd gevra het om te reageer op navrae en toe 'n aansoek in die hof gebring het net wanneer dit die koerant se produksieproses en publikasietye kwaai ontwrig. Die optrede sal waarskynlik ook hoë regskostes meebring ongeag enige vergelyk wat bereik kan word, het Sanef gesê. Dit is weer 'n voorbeeld waar 'n instelling die hof probeer gebruik om koerante te probeer sensor om inligting bekend te maak wat in die openbare belang is. Inligting oor die gebreke van EnaTIS het van groot openbare belang geraak weens onder meer die groot finansiële verliese wat die motorbedryf, motoriste en ander lede van die publiek gely het, sê Sanef. Sanef steun Beeld en sy pogings om die inligting, wat die departement duidelik in 'n verleentheid stel, onder die publiek se aandag te bring.
- Die departement se aansoek word Donderdagoggend in die hof aangehoor.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|