Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Radebe vs. Beeld
    May 30 2007 11:34:31:597PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Verwante Berigte
  • Sanef steun Beeld oor eNaTIS-inligting
  • Vervoer wil Beeld keer oor eNaTIS
  • Steeds eNaTIS
  • Bevorder ten spyte van eNaTIS-onbevoegdheid
  • Firma van eNaTIS se kontrak dalk langer
  • Vingerwysery oor wie vir eNaTIS-verslag geteken het
  • Radebe sê hy weet nie van eNaTIS-verslag
  • Staat het geweet eNaTIS sou vou
  • Stelsel is nou eers 95% aktief
  • Adriaan Basson, Cobus Coetzee

    Nou is dit mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer, teen Beeld.

    Radebe nader die Pretoriase hooggeregshof vandag om 10:00 met ’n dringende aansoek om ’n verslag van die ouditeur-generaal (OG) oor die omstrede eNaTIS-bedryfstelsel uit die media te hou.

    Hy wil Beeld nie muilband nie, het Radebe gister by monde van sy woordvoerder gesê.

    Hy wil net ’n punt maak oor hoe daar met ouditbevindinge gehandel moet word voordat dit na die parlement gaan.

    Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het gister Radebe en sy departement se optrede as ongrondwetlik bestempel.

    “Inligting oor die mislukkings van die eNaTIS-stelsel het ’n saak van hoë publieke belang geword in die lig van die enorme geldelike verliese wat die stelsel vir die motorbedryf, motoriste en ander lede van die publiek veroorsaak het. Sanef steun Beeld in die verdediging van sy posisie en pogings om die inligting – duidelik vernederend vir die departement – onder die publiek se aandag te bring,” het Ferial Haffajee, Sanef-voorsitter, gesê.

    Die bestrede verslag, waarvan dele inBeeld se besit is, gaan oor eNaTIS se netwerkveiligheid.

    Dit is volgens die OG op 21 Februarie vanjaar aan me. Mpumi Mpofu, direkteur-generaal (DG) van vervoer, gestuur.

    Teen verlede week het sy nog nie daarop gereageer nie.

    Die OG het verlede week bevestig dat hy drie verslae oor eNaTIS opgestel het.

    Die verslag wat Radebe geheim wil hou, is die tweede een.

    Beeld het twee weke gelede die eerste OG-verslag se inhoud onthul. In dié verslag, wat in Desember aan ’n senior departementele amptenaar gestuur is, het die OG gemaan dat daar ’n 80%-kans op mislukking is, sou eNaTIS op een slag in werking gestel word.

    Die departement het nietemin in April voortgegaan met ’n “Big Bang”-aanslag om eNaTIS in te stel.

    ’n Beëdigde verklaring van Mpofu is die hoeksteen van die departement se aansoek.

    Volgens Peet Kruger, Beeld se redakteur, is die inligting in die nuutste verslag “baie duidelik in die openbare belang”.

    “Die nuwe stelsel se inwerkingstelling is klaarblyklik ’n groot mislukking met negatiewe impak op die motorbedryf en vir gewone Suid-Afrikaners wat rybewyse en lisensies wil uitneem of hernieu. Pleks dat die minister en die departement dié probleme oplos, bestee hulle tyd daaraan om die boodskapper te wil stilmaak.

    “Beeld sal in die hof veg vir die publiek se reg om te weet.”

    Die DA het gister gesê die departement se aansoek is teenstrydig met die beginsels van deursigtigheid en verantwoordbaarheid.

    Volgens Sanef is hierdie nóg ’n voorbeeld van hoe instellings hofprosedures misbruik om koerante te sensor.

    “(Sanef) doen ’n beroep op die regbank om kennis te neem van die toenemende gebruik van dié vorm van sensuur,” het Haffajee gesê.

    Adv. Sias Reynecke, SC, verskyn vir Beeld en adv. Patrick Ellis, SC, vir Radebe. Regter Dion Basson sal die aansoek in die Paleis van Justisie aanhoor.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |