Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Beeld mag publiseer
    May 31 2007 01:05:54:197PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Verwante Berigte
  • Radebe vs. Beeld
  • Sanef steun Beeld oor eNaTIS-inligting
  • Vervoer wil Beeld keer oor eNaTIS
  • Cobus Coetzee en Adriaan Basson

    Mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer, het vandag 'n bloedneus in die Pretoriase hooggeregshof gekry toe sy dringende aansoek om Beeld te muilband, met koste van die hand gewys is.

    Regter Dion Basson het beslis Beeld se nuwe onthullings oor die omstrede eNaTIS-stelsel is beslis in openbare belang. Dit weeg swaarder as die departement van vervoer se reg om die verslag geheim te hou.

    Die verslag waaroor Beeld môre in die koerant sal berig, onthul erge sekuriteitsgebreke met eNaTIS.

    Peet Kruger, Beeld se redakteur, het die uitspraak as 'n oorwinning vir persvryheid bestempel.

    Me. Mpumi Mpofu, direkteur-generaal van die departement van vervoer, het ná die uitspraak buite die hof gesê sy en Radebe sal die uitspraak noukeuring bestudeer voor hulle verdere stappe sal oorweeg.

    Op die vraag of eNaTIS veilig is, het sy gesê ''sover dit my kennis strek, ja."

    Adv. Sias Reyneke, wat namens Beeld opgetree het, het in die hof aangevoer dat EnaTIS geen veiligheidstelsels in plek het nie.

    "Dit is nie omdat die stelsel met die gebreke ontwerp is nie, maar omdat dit wanbestuur word; dit is omdat dit nie beheer word nie," het die hof gehoor.

    Reyneke het gesê 'n deel van die OG-verslag in Beeld se besit wys dat daar onder meer onvoldoende beskerming vir wagwoorde ("passwords") is en dat gebruikers maklik toegang tot sensitiewe leggers kan kry.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |