Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Als loop reg, altyd reg, eNaTIS (behalwe krag, Telkom, etiek)
Behalwe vir probleme met Telkom-lyne, kragonderbrekings en “plaaslike werketiek”, loop die eNaTIS-stelsel nou glad. Só sê me. Mpumi Mpofu, direkteur-generaal van vervoer, in haar beantwoordende verklaring wat gister as deel van die departement se hofaansoek by die Pretoriase hooggeregshof ingedien is. Regter Dion Basson het gister mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer, se aansoek om ’n verslag van die ouditeur-generaal (OG) oor die eNaTIS-stelsel se veiligheid uit die publiek te hou, van die hand gewys. Radebe was nie self by die hof teenwoordig nie. Die hoeksteen van sy aansoek was ’n beëdigde verklaring van Mpofu. Sy ontken nie dat daar stelselprobleme met eNaTIS was nie, maar dit is glo nou iets van die verlede. Adv. Patrick Ellis, SC, namens Radebe, het gister sy argument op twee punte gebou: Basson het albei dié argumente verwerp. Volgens Ellis was dié netwerk-veiligheidsoudit ’n “roetine-oudit” wat in die “normale verloop van gebeure” gedoen word. Nadat die OG sy bestuursverslag aan die departement gestuur het, kan veranderings aangebring word en stel die OG dan ’n finale verslag op wat na die parlement gaan. Adv. Sias Reynecke, SC, namens Beeld, het die hof egter daarop gewys dat die beskerming wat die Wet op Openbare Oudit bied níé van toepassing is op spesiale oudits soos dié nie, maar op staatsdepartemente se finansiële oudits. Oor eNaTIS se veiligheid het Ellis gesê die publikasie van die verslag sal wees soos om die “knoppie wat gedruk of kode wat ingevoer moet word” bekend te maak. Dit kan rampspoedige gevolge hê as misdadigers só toegang tot eNaTIS kry. Maar volgens Reynecke dui die verslag eerder op bestuursfoute as gebreke in die stelsel. Oor waarom hulle die verslag geheim wil hou, het Reynecke gesê: “Die DG (Mpofu) en minister (Radebe) is en sal héwig in die verleentheid gestel word as wat met die eNaTIS-stelsel gebeur, uitkom.” Basson moes uiteindelik die departement se reg op privaatheid opweeg teen Beeld se vryheid van spraak en die vryheid van die pers. Volgens Reynecke lyk dit of die veiligheidsprobleme wat die OG uitlig steeds bestaan. As dit reggestel is, waarom die aansoek om Beeld te muilband? “Die probleme wat Natis (die ou stelsel) gehad het, bestaan steeds met eNaTIS weens dieselfde swak bestuur daarvan. Ál die geleenthede om by die stelsel in te breek kon toegemaak geword het deur bloot hulle werk te doen!”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|