Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Wat Radebe nie wil hê jy moet weet
Jun 01 2007 12:02:41:500AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Dokumente uit eNaTIS-verslag
  • Als loop reg, altyd reg, eNaTIS (behalwe krag, Telkom, etiek)
  • Dít is wat ons nie oor eNaTIS mog weet nie
  • 'Skokkend en misdadig!'
  • Stelselontwerper se kontrak word dalk met 'n jaar verleng
  • Opposisie verwelkom uitspraak teen minister
  • Persvryheid
  • Beeld mag publiseer
  • Radebe vs. Beeld
  • Sanef steun Beeld oor eNaTIS-inligting
  • Vervoer wil Beeld keer oor eNaTIS

  • Adriaan Basson en Cobus Coetzee

    Jy het nie eens 'n wagwoord (password) nodig om by die eNaTIS- stelsel in te breek nie.

    Dít is een van die skok-bevindings wat mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer, geheim wou hou.

    Die Pretoriase hooggeregshof het gister Radebe en sy departement se pogings om Beeld te muilband, verwerp en beslis die vryheid van die media weeg swaarder as Radebe se reg om 'n verslag van die ouditeur-generaal (OG) geheim te hou.

    Nóú kan Beeld onthul wat in die gevolgtrekking van dié verslag - die tweede van drie oudits wat deur die OG gedoen is - staan:

  • Daar kan by eNaTIS ingebreek word;

  • Jy het geen wagwoord nodig om as 'n administrateur op eNaTIS aan te meld nie;

  • Dokumente op eNaTIS word nie beveilig nie; en

  • Lêers op die stelsel kan onbeskermd rondgestuur word.

    Die departement het gisteraand in 'n verklaring gesê hulle is "oortuig" alle probleme wat deur die OG geïdentifiseer word, "is aangespreek deur 'n herontwikkelingsproses en migrasie van die ou Natis-stelsel na eNaTIS".

    Luidens die verklaring ís probleme ondervind met die registrasie van voertuie op eNaTIS, maar presteer die stelsel tans "optimaal".

    Toe me. Mpumi Mpofu, direkteur-generaal (DG) van vervoer, gister ná die hofbeslissing gevra is of eNaTIS veilig is, het sy eers 'n rukkie gedink en toe gesê: "Sover my kennis strek, ja."

    Prof. Basie von Solms, hoof van die Universiteit van Johannesburg se akademie vir inligtingstegnologie, het gister, nadat hy die gevolgtrekking van die OG-verslag gesien het, gewaarsku dat eNaTIS dádelik gestop moet word om te verhoed dat misdadigers daarby inbreek.

    Volgens hom kan dit selfs onwettig wees om 'n stelsel met soveel gebreke aan die gang te hou.

    Die verslag bewys verder dat Mpofu reeds op 23 Februarie van eNaTIS se erge gebreke geweet het, maar steeds toegelaat het dat eNaTIS op 13 April in werking gestel word.

    Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het regter Dion Basson se uitspraak gister as 'n oorwinning vir mediavryheid bestempel.

    Die hofaansoek het gespruit uit skriftelike navrae wat Beeld Dinsdag aan die departement gestuur het oor dié OG-verslag.

    Adv. Patrick Ellis SC, namens Radebe, het gister betoog dat die publikasie van die verslag misdadigers toegang tot eNaTIS sou gee en dit in elk geval slegs 'n voorlopige verslag is wat nog nie in die parlement ter tafel gelê is nie.

    Basson het dié argumente verwerp.

    Beeld het twee weke gelede onthul dat die OG reeds in Desember 'n eerste verslag aan die departement gestuur het waarin hy gewaarsku het daar is 'n 80%-kans op mislukking as die departement voortgaan om eNaTIS op een slag in te stel - soos wat gebeur het.

    'n Storm het losgebars en Mpofu én Radebe het ontken dat hulle dié verslag ontvang het.

    Vandag se onthullings oor die OG se bevindings in sy tweede verslag - 'n netwerkveiligheidsoudit - bevestig dat Mpofu wél van die veiligheidsgebreke bewus was.

    "Senior bestuur behoort meer verbind daartoe te wees om eienaarskap te neem van só 'n nasionale belegging en verantwoordelikheid te neem daarvoor deur die skep van 'n geskikte omgewing waarin verbeterende stappe gedoen kan word," lui die verslag.

    Die regter sê:

  • Die vryheid van die media is dikwels die beste manier om doeltreffende en deursigtige bestuur te verseker;

  • Die media is die oë en ore van die publiek;

  • Die OG-verslag handel grootliks oor swak bestuur;

  • Die publikasie daarvan sal geen invloed op die land se veiligheid hê nie, en

  • Die vryheid van die media weeg swaarder as die geheimhouding van die verslag, veral in lig van die verslag se inhoud.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |