Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Stelselontwerper se kontrak word dalk met ’n jaar verleng
May 31 2007 11:44:38:127PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Rajaa Azzakani

Kaapstad. – Die departement van vervoer oorweeg dit om die kontrak van die Tasima-konsortium, wat die omstrede eNaTIS-stelsel ontwerp het, met nóg 12 maande te verleng.

Dít blyk uit ’n geskrewe parlementêre antwoord van mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer, na aanleiding van ’n vraag deur mnr. Stuart Farrow, DA-LP en die party se woordvoerder oor vervoer.

Farrow wou weet of Tasima se kontrak verleng gaan word, vir hoe lank en teen watter koste.

Radebe het in sy antwoord gesê dat die eNaTIS-kontrak aan die Masiye Phambili-konsortium – Tasima se vorige naam – toegeken is.

Dié vyfjaarkontrak is op 1 Junie 2002 toegeken en het gister verval.

Volgens Radebe oorweeg die departement om Tasima se kontrak vir nóg 12 maande te verleng.

Radebe het gesê die departement van vervoer wil deur dié verlenging formeel kwotasies aanvra van die kontrakteur vir die dienste wat benodig word.

Dié proses is nog nie afgehandel nie.

Radebe het voorts gesê dat voorwaardes van die oorspronklike kontrak saam met nuwe voorwaardes – wat spesifiek verband hou met die verlenging van die kontrak en dienste wat verlang word – nog onderhandel sal word.

Volgens hom is die eNaTIS-kontrak deur die staat se tenderraad toegeken ná afloop van ’n uitgebreide tenderproses.

Tenderaansoeke is van sowat tien ander maatskappye ontvang.

Die DA het sy skok oor die moontlike verlenging van die kontrak uitgespreek.

Farrow het gesê dit word algemeen aanvaar dat die Tasima-konsortium misluk het om ’n behoorlik funksionerende stelsel te verskaf. Gevolglik is Suid-Afrika se voertuiglisensiëringsproses die laaste weke in chaos gedompel.

Hy het gesê hoewel die departement se kontrak met Tasima gister verstryk het, het hulle nog nie eens kwotasies verkry oor hoeveel die verlenging sal kos nie.

“Tasima se oorspronklike kontrak moes in elk geval nie hernieu gewees het net omdat die aanvanklike vyf jaar verstryk het nie.

“Dis duidelik nou belangrik om ’n maatskappy aan te stel wat die groot probleme (soos uitgewys in die ouditeur-generaal se verslag) kan regstel.”

Farrow het gesê indien Radebe voortgaan om die kontrak aan Tasima toe te ken, hy daarop móét fokus om duidelike teikens te stel in die nuwe kontrak om ’n herhaling van die huidige eNaTIS-debakel te vermy.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |