Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Opposisie verwelkom uitspraak teen minister
May 31 2007 11:44:32:970PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Kaapstad. – Politieke partye het gister die Pretoriase hooggeregshof se uitspraak teen mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer, oor die gewraakte eNaTIS-stelsel verwelkom.

Mnr. Stuart Farrow, DA-LP en die party se woordvoerder oor vervoer, het gesê die hof se verwerping van die aansoek om Beeld te verhoed om inligting oor die veiligheidsgebreke van eNaTIS te publiseer, moet verwelkom word.

“Dis verregaande om aan te voer dat die koerant se onthullings neerkom op ’n veiligheidsrisiko en dat die reg van die media om te publiseer en dié van die publiek om te weet, daarom ingeperk moet word.”

Hy het gesê die departement is duidelik besig om sy eie verleentheid en onbevoegdheid te probeer wegsteek.

Farrow het gesê die hof se beslissing maak dit net nog belangriker vir Radebe om die ouditeur-generaal (OG) se verslag oor eNaTIS ten volle openbaar te maak.

Me. Patricia de Lille, OD-leier, het die hofuitspraak as goeie nuus vir vryheid van spraak en deursigtigheid bestempel.

“Die les wat ons hieruit kan leer, is dat die regering nie moet dink dat hy belastingbetalers se geld kan mors deur hom na die howe te haas indien hy nie met iets saamstem nie,” het sy gesê.

“Nou moet ons nog net ’n situasie kry waar sulke ministers gedwing word om self die koste te dra as daar teen hulle beslis word.”

Mnr. Koos van der Merwe, IVP-LP en die party se woordvoerder oor vervoer, het gesê dis baie bemoedigend dat Suid-Afrikaners hulle nog op die howe kan beroep om arrogante staatsdepartemente op hul plek te sit. – Rajaa Azzakani


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |