Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Vermiste meisie (6) 'ontvoer'
Jun 13 2007 06:37:10:283AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jackie Pienaar

Swellendam. - Alles dui nou daarop dat die sesjarige meisie van dié dorp wat Sondag vermis geraak het, ontvoer is.

'n Soekspan van nagenoeg 150 lede het tot gistermiddag laat vergeefs bosse in die omgewing gefynkam nadat aanvanklik bekend gemaak is dat Mikayla Rossouw Sondagmiddag van haar huis in Akasiastraat 110, Railton, verdwyn het.

Navrae van huis tot huis by 'n nabygeleë informele nedersetting het ook niks opgelewer nie.

Laat gistermiddag - terwyl Mikayla se ma, ouma en twee maatjies berading ontvang het - het inligting egter uitgekom wat daarop dui dat sy Sondag laatmiddag of vroegaand sowat 800 m van haar huis 'n veld saam met 'n man binnegestap het.

Die betrokke man het glo vroeër by die ingang na die veld in Palmstraat in Railton gesit.

Volgens kapt. Nicky Alberts, waarnemende stasiekommissaris van die Swellendam-polisie, het die jongste inligting hulle gelei na twee onafhanklike getuies wat dit gestaaf het.

Kenners was gisteraand uit die Kaap na Swellendam onderweg om met die getuies se hulp 'n identikit van die verdagte saam te stel.

Die sielkundige wat die berading behartig het, het uit sy eie sy dienste aangebied. Hy is van Somerset-Wes en werk saam met die Pink Ladies, 'n organisasie wat hom daarvoor beywer om vermiste kinders op te spoor en mense tans deur middel van e-posse en pamflette ook op Mikayla se verdwyning attent gemaak.

Dié haasbekkie was ten tyde van haar verdwying in 'n lang bruin romp, kort bruin stewels en groen bostuk met dun bandjies geklee. In daardie drag sou sy moeilik Sondagnag se bittere koue oorleef het as sy buite was, het 'n polisiebeampte, wat anoniem wil bly, gesê. Volgens hom word die ergste gevrees.

"Dit voel nie lekker nie," het haar negejarige boetie, Marshall, gister met 'n bewende onderlippie by hul huis oor haar verdwyning gesê.

Hy het Mikayla Sondagmiddag laas gesien toe sy met 'n buurmaatjie in hul agterplaas gespeel het.

Hy is daarna saam met sy ma en tweejarige boetie, Junior, na vriende toe om televisie te kyk.

Volgens hom was sy ouma, wat by hulle bly, onder die indruk dat Mikayla saam met hulle is, terwyl sy ma onder die indruk was dat sy by haar ouma is.

Hulle het eers vroegaand besef dat sy weg is.

Mikayla se biologiese pa woon op Bonnievale.

Onder die lede van die soekspan is 'n lid van die Boland-polisie se duikeenheid, insp. Gideon van der Merwe van Worcester, en sy reddings- en opsporingshond, Sparky.

Reserviste, verskeie raadslede asook die burgemeester, mnr. Jan Jansen, onderwysers, buurtwaglede en brandweerbeamptes het ook almal reeds aan die soektog deelgeneem.

  • Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, konst. André Baartman, by 028 514 1090 of 514 8101 te bel.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |