Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kinders 'jag' man oor Mikayla
Dit was 'n gemeenskap wat bloed geruik het. Kort voor twee-uur gistermiddag het sowat 200 doelgerigte Swellendammers, hoofsaaklik laerskoolkinders, die bult van die woonbuurt Railton in die rigting van die N2 afgestroom. Hulle was op die spoor van 'n man wat lyk soos die verdagte op 'n identikit wat die oggend uitgereik is en wat met die ontvoering Sondag van die sesjarige Mikayla Rossouw verbind word. Van die agtervolgers was net 'n baksteen hoog. Heelwat was met stokke gewapen. "Ons gaan die man vang," het 'n kind in die verbygaan geskreeu in reaksie op die vraag waarheen hulle op pad is. Watter man? "Die een wat Mikayla gevang het." In daardie stadium was daar kinders aan weerskante van die N2. Van daar het hulle langs die weegbrug die bosse binnegestroom. 'n Ligte histerie het in die lug gehang. Van die polisiebeamptes op die toneel het half verdwaas alles gade geslaan. By die spoorlyn 'n entjie verder het mnr. Dawid Esau verduidelik dat die man wat glo vir Mikayla ontvoer het, so pas in Railton vir 'n lid van hul soekgeselskap weggehardloop het. Dit was toe dat die horde hom agternagesit het. Van die verdagte, 'n "Rasta", was daar in daardie stadium geen teken nie. Wat as hulle hom wel vang? "Dan gaan ons hom vrekmaak," was die antwoord van 'n kind wat duidelik nog op laerskool is. Jonk en oud het met hom saamgestem. Terwyl die kinders nog op en langs die spoorlyn rondgemaal het, het 'n polisiebeampte almal jonger as 16 beveel om huis toe te gaan. Vir hul eie veiligheid. Dit het later geblyk die meeste kinders wat help jaag het, is in Bontebok Primêr, die skool waar die vermiste Mikayla in gr. 1 is. Omdat die onderwysers ook hier staak, kon die kinders met die soektog help. Die identikit is uitgereik nadat inligting wat Dinsdag bekom is, daarop gedui het dat Mikayla Sondag laatmiddag of vroegaand saam met 'n man 'n veld binnegestap het sowat 800 m vanaf haar ouerhuis in Akasiastraat 110. Die polisie het gister bevestig drie verdagtes is deur die loop van die dag vir ondervraging na die polisiekantoor gebring. Al drie is later weer vrygelaat. Kapt. Micky Alberts, waarnemende bevelvoerder van die Swellendam-polisie, het die gemeenskap versoek om nie eie reg te gebruik nie. Dit sal die ondersoek belemmer.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|