Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Sieners probeer help, maar meisie nog weg
Kaapstad. - Dag nege. En steeds is daar geen spoor van die vermiste Mikayla Rossouw van Swellendam nie, selfs nadat verskeie sieners hul visioene met die polisie gedeel het. "Ons ignoreer geen inligting wat ons kry nie," het kapt. Nicky Alberts, waarnemende bevelvoerder van die Swellendam-polisie, gister gesê. Al is dié soort hulp vir die plaaslike polisie 'n nuutjie. Volgens Alberts het drie Suid-Afrikaanse sieners - twee van onderskeidelik Somerset-Wes en Worcester - en 'n Kanadees hulle reeds genader sedert die sesjarige Mikayla verlede Sondag verdwyn het. Die inligting wat deur die Suid-Afrikaners verskaf is, onder meer dat sy haar in Arniston sou bevind, is opgevolg. Maar sonder sukses. Die Kanadees, wat in Montreal woon, het 'n foto van Mikayla gevra. Dit is per e-pos aan hom gestuur nadat hy in kontak gebring is met die Pink Ladies, 'n plaaslike organisasie wat hom vir die opsporing van vermiste kinders beywer. Tot dusver het die polisie nog nie weer van hom gehoor nie. Twee dae nadat Mikayla op 10 Junie vermis geraak het, het inligting uitgekom wat daarop dui dat 'n man haar die betrokke Sondag laatmiddag of vroegaand aan die hand geneem het. Saam het hulle glo sowat 800 m van haar huis in Akasiastraat, Railton, 'n veld daar naby binnegestap. Die verdagte het vroeër glo daar naby gesit terwyl Mikayla en maats in die omgewing gespeel het. Volgens Alberts het hulle gisteroggend weer met die hulp van 'n polisiehond en vrywilligers in bosse en damme in die omgewing gesoek, maar vergeefs. Mnr. Jan Jansen, burgemeester van Swellendam, het gesê in sekere kringe in die gemeenskap word nou bespiegel dat Mikayla "vir moetie gesteel is". Sy hoop is dat hulle haar steeds lewend sal vind. "Maar al kry ons dan net haar liggaampie, kan die gemoed gesus word dat ons haar wel gekry het." Sowel Jansen as sy raadslede het al aan die soektog deelgeneem. Gisteroggend was vyf raadslede weer deel van die soekspan en hulle het hulle net weens 'n raadsvergadering die middag onttrek. 'n Biduur vir Mikayla is gisteraand in die AGS-kerk in Railton gehou en gelei deur past. Mervin Williams, wat Mikayla se familie sedert haar verdwyning bystaan.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|