Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Ballonne vandag vir vermiste meisie opgestuur
    Jun 22 2007 08:12:10:383AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Verwante Berigte
  • Sieners probeer help, maar meisie nog weg
  • Kinders 'jag' man oor Mikayla
  • Vermiste meisie (6) 'ontvoer'
  • Jackie Pienaar

    Kaapstad. - Vanmiddag gaan kerkklokke beier en ballonne met die gesiggie van 'n vermiste Swellendamse gr. 1-leerling van haar tuisdorp tot in Gauteng die lug ingestuur word.

    Die webwerf eblockwatch, wat onder meer help om vermiste kinders te vind, het die inisiatief geneem met hierdie poging om Mikayla Rossouw op te spoor.

    Dit kom nadat die familie van Madeleine McCann, 'n vyfjarige meisie van Engeland wat in Portugal vermis geraak het, versoek het dat ballonne met haar foto en besonderhede vandag wêreldwyd opgestuur word. Die webwerf eblockwatch het ingestem, maar op voorwaarde dat dit aan vermiste SA kinders gekoppel word.

    Die gedagte is dat mense landwyd aan die ballonveldtog deelneem en dat 'n foto en besonderhede van Mikayla, wat in die woonbuurt Railton in Swellendam vermis geraak het, saam met die ballonne versprei word. Die belangstellendes kan die foto en die inligting van www.eblockwatch.co.za aftrek.

    Op Swellendam word beplan dat die gemeenskap om halftwaalf by die Primêre Skool Bontebok op Railton, Mikayla se skool, bymekaar- kom, het past. Mervin Williams gesê. 'n Biddiens sal daar plaasvind, en op die kop twaalfuur sal die AGS-gemeente Railton se kerkklokke beier terwyl die ballonne die lug ingestuur word.

  • Mikayla Rossouw het twaalf dae gelede verdwyn. Enigiemand met inligting kan speurinsp. M. Crimley by 028 415 8100 bel.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |