Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Beeld
Sê jou sê: Rugbybase maak droog
Gert van der Westhuizen, Beeld se sportredakteur, kap op sy blog na SA se rugbybase.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Nuwe era begin vir die Nortons
Jun 28 2007 08:50:44:850PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Carryn-Ann Nel

Kaapstad. – ’n Nuwe era begin vandag vir die Nortons. En hopelik kan hulle ook begin om die verlede agter hulle te sit.

Ondersteuners het die Norton-gesin en hul huishulp, wat gister die laaste keer hul bypassende pienk uitrustings aangehad het, met luide applous buite die hof begroet nadat regter Basheer Waglay die baba se vyf moordenaars almal tronk toe gestuur het.

Dina Rodrigues, meesterbrein agter die moord, het lewenslange tronkstraf gekry.

“Ek is bly om te sê die regstelsel werk,” het ’n oorstelpte mnr. Vernon Norton, baba Jordan-Leigh se oupa, gister buite die hof aan die media gesê kort ná die vonnisoplegging.

“Dit was ’n lang 18 maande in die hof vir ons familie. Ek voel die regter was presies in sy vonnisoplegging en het alle faktore in ag geneem.

“Nou moet ons teruggaan huis toe en alles in oorsig gaan neem wat die laaste twee jaar met ons gebeur het. Dit gaan die begin van gemoedsrus vir ons wees,” het hy gesê.

Voordat die gesin voor 10:00 in hof 1 van die hooggeregshof hier ingestap het, het ’n gevoel van angs in die lug gehang.

’n Gespanne mnr. Norton het aan Beeld gesê die familie voel angstig, maar is verheug dat die saak nou tot ’n einde kom.

Kort ná 11:15 – nadat die vonnisoplegging uitgelees is – het hofgangers in klein groepies uit die gebou geloop.

Kort hierna het die Rodrigues-familie eerste die hof verlaat.

Mev. Mary Rodrigues, saam met ’n lyfwag, wou eers geen kommentaar lewer nie. Op ’n vraag hoe dit met Dina gaan, het sy geantwoord: “She’s coping well.”

Mnr. Orlando Rodrigues, Dina se ouer broer, wou ook nie kommentaar lewer nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |