Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘Vernietig ’n kind en breek God se werk af’
Jun 28 2007 08:50:44:037PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Kaapstad. – Hy kon éérste in die hof ingaan. Daarvoor het hy gesorg. Dit is hoekom hy al 04:00 gisteroggend ’n bus uit Malmesbury na die stad geneem het.

Gister was egter die laaste keer dat mnr. Marthinus Conradie (49) voor die trappies van die hooggeregshof hier met ’n plakkaat in sy hand gestaan en betoog het.

Hy sit al sedert 05:45 voor die hof waar ’n no. 1-teken later aan sy linkerhand aangebring is en wat sy toegang tot die hofsitting was.

Hy het nog nooit ’n enkele dág gemis sedert die opspraakwekkende hofsaak in 2005 begin het nie. Van die Wynberg-landdroshof tot die Kaapse hooggeregshof waar Dina Rodrigues (26), Sipho Mfazwe (35), Mongezi Bobo-tyane (26), Zanethemba Gwa- da (20) en Bonginkosi Sigenu (18) weens die moord van baba Jordan-Leigh Norton (6 maande) verskyn het.

“Ek is baie lief vir kinders. Dit is belangrik dat kinders waardeer word,” het hy gesê.

Oor Rodrigues en haar makkers het hy gesê: “Om ’n kind te vernietig of te vermoor, is ’n vernietiging van God se werk. Kinders kan nie weerstand teen die wrede wêreld bied nie.” – Carryn-Ann Nel


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |