Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Dina, 2 makkers kry lewenslank
    Jun 29 2007 11:37:17:620AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Hofgangers kyk hoe die gevonnistes tronk toe geneem word. Foto: Wiebke Wilting
    Verwante Berigte
  • Nuwe era begin vir die Nortons
  • 'Vernietig kind en breek God se werk af'
  • Video: Dina, 2 makkers kry lewenslank
  • Verslagspan


    Kaapstad. – “Jaloersbokkie. Jaloersbokkie. Swaar sal jy kry!”

    Dié bekende sokkietreffer is gister buite die hofselle van die Kaapse hooggeregshof deur honderde hofgangers aan Dina Rodrigues (26) gesing kort nadat sy uit die hofselle hier in ’n voertuig gelei is en na die gevangenis geneem is.

    Sy en twee van haar makkers is lewenslank tronk toe gestuur ná die moord op baba Jordan-Leigh Norton.

    Die Burger het verneem dat sy die volgende 25 jaar van haar lewe in óf ’n blommetjies- of denimrok, waarskynlik in die baba-afdeling of wassery van óf die berugte Pollsmoor- óf Worcester-gevangenis, moet deurbring.

    Mnr. Lukas Muntingh, koördineerder van die Civil Society Prison Reform Initiative, het gister bevestig een van dié tronke is haar voorland omdat dit die enigste vir vroue in die provinsie is.

    Volgens hom is Pollsmoor se vroue-afdeling reeds 156% oorvol, terwyl Worcester 73% vol is. Die departement van korrektiewe dienste wou nie kommentaar lewer nie.

    Mnr. James Selfe, DA- woordvoerder vir korrektiewe dienste, het intussen aan Health 24 gesê Rodrigues sal nou gewoond daaraan moet raak om 07:00 soggens op te staan, pap, koffie of sap vir ontbyt te eet en haar heeldag met rehabilitasieprogramme besig te hou.

    Omstreeks 15:00 sal sy haar aandete van ses snye brood en drinkgoed ontvang, voordat sy tot die volgende oggend aan die genade van haar selmaats oorgelaat word.

    Intussen het ’n oorverdowende handeklappery uit die volgepakte openbare galery in hof 1 gister weergalm toe regter Basheer Waglay vir Rodrigues saam met Sipho Mfazwe (35) en Mongezi Bobotyane (26) lewenslank tronk toe gestuur het.

    Zanethemba Gwada (20) en Bonginkosi Sigenu (18) sal weens hul jeug elk effektief 15 jaar boet.

    Rodrigues het met gebolde wange, ’n verslae gesigsuitdrukking en oë duidelik vol trane haar lot aangeluister.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |