Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Sewe wit leeus kry nuwe tuiste
Aug 22 2007 12:48:00:203PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die Renoster- en Leeupark by Kromdraai buite Krugersdorp het sewe wit leeus ryker geword. Foto: Mario van de Wall
Amanda Roestoff Die sewe leeus - vyf leeuwyfies en twee leeumannetjies - is almal tussen 18 en 24 maande oud.

Die reservaat se eerste wit leeu, Thandile, is in 1996 gebore toe daar nog net 60 wit leeus wêreldwyd was.

Mev. Marlene Muir, bemarkingsbeampte van die reservaat, sê die getal leeus het oor die jare gegroei en word tans op tussen 500 en 600 wêreldwyd gereken. "Die getalle het skerp gestyg vandat die finansiële waarde van die wilde diere opgeskuif is."

Ses weke gelede is drie ander wit leeus - Simba, Nala en Zazoo - vernoem na die karakter in die bekend animasierolprent The Lion King, ook hier gebore. Dié drie is deel van die eerste werpsel wit leeus wat in die reservaat gebore is.

Die eienaar van die reservaat, mnr. Ed Hern, sê die nuwe trop sal afsonderlik van hul taankleurige vriende aangehou word omdat wit leeus hulself nie kan beskerm teen ander wilde diere nie en net in aanhouding kan oorleef.

Die geheim, sê Hern, lê daaragter dat dié besondere en skaars leeus van kleins af bymekaar gehou moet word en saam as 'n trop grootgemaak word. "As ons nuwe leeus hier sou inbring, sal hulle sulke leeus doodmaak."

Vir Hern is dié geleentheid betekenisvol omdat hy " 'n lang droom" voor sy geestesoog sien waar word het.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |