Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Maddie se pa: ‘Dit was nie ons’
    Sep 09 2007 10:12:52:453PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Mev. Kate McCann en haar man, Gerry, kom gister by die lughawe in Faro in Suid-Portugal aan. Dié Britse ouerpaar is formeel as verdagtes genoem in die verdwyning van hul 4-jarige dogter, Madeleine. Voordat hulle gister die land verlaat het, is hulle dae lank aan polisie-ondervraging onderwerp oor nuwe forensiese inligting wat hulle glo verbind met die verdwyning. Foto: Paulo Duarte, AP
    Joylene van Wyk


    Londen. – “Ons was nie betrokke by die verdwyning van ons lieflike dogter Madeleine nie.”

    Dít was die woorde van mnr. Gerry McCann, pa van die vierjarige Madeleine wat vier maande gelede in Portugal verdwyn het, toe hy, sy vrou Kate en hul tweelingseun en -dogter gistermiddag in Engeland aangekom het.

    Hulle het na hul huis in Rothley, Leicestershire, teruggekeer nadat hulle die naweek formeel deur die Portugese polisie as verdagtes in haar verdwyning genoem is.

    Die McCann-ouers is verdagtes nadat daar glo tekens van bloed gekry is in die huurmotor wat hulle 25 dae ná hul dogter se verdwyning gehuur het.

    Daar word ook beweer dat snuffelhonde die reuk van ’n lyk in hul huurwoonstel en spesifiek op mev. McCann se klere en Bybel, en Madeleine se gunsteling-speelding gekry het.

    Die Britse meisie is op 3 Mei, dae voor haar vierde verjaardag, glo uit ’n vakansiewoonstel in Algarve, Praia da Luz in Portugal, ontvoer toe haar ouers haar en hul 18 maande oue tweeling alleen gelaat en in ’n nabygeleë tapaskroeg gaan eet het.

    By hul aankoms gister op die East Midlands-lughawe het mnr. McCann gesê dat hulle terugkeer soos hulle vroeër beplan het sodat hul tweeling, Sean en Amelie, ’n normale lewe in hul eie land kan lei.

    Hul terugkeer beteken egter nie dat hulle hul soektog na hul dogter staak nie.

    “As ouers kan ons nie ophou om na ons dogter te soek totdat ons weet wat gebeur het nie. Ons moet alles doen om haar te kry.”

    Die ondersoek kan glo tot ’n jaar duur en die McCanns kan enige tyd gevra word om na Portugal terug te keer. Die paartjie is nog nie formeel aangekla nie en geen reisbeperkings is teen hulle ingestel nie.

    In ’n onderhoud met News of the World het mnr. McCann gesê hulle het nié hul dogter vermoor nie. “Ons het gedink ons beleef ons ergste nagmerrie, maar nou word dit net erger en erger.”

    Hoewel hy vol vertroue is dat daar geen bewyse is om hom of sy vrou met die moontlike moord te verbind nie, het hy gesê gebeure laat hom beangs.

    Mev. McCann het voordat sy as verdagte genoem is aan die Sunday Mirror vertel die polisie wou hê sy moes lieg.

    “Die polisie wil nie ’n moord in Portugal hê met al die publisiteit nie omdat hulle nie wette oor pedofiele het nie, so hulle blameer ons.”

    Sy het gesê hulle wil hê sy moet beken dat Madeleine ’n ongeluk gehad het en dat sy paniekerig geraak het, die lyk vir ’n maand in ’n sak weggesteek en toe met die gehuurde motor daarvan ontslae geraak het.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |