Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Trein trap leeu wat ontsnap uit Kruger
Een van vier leeus wat Vrydag uit die Krugerwildtuin ontsnap het, is deur ’n trein doodgery. Die ander drie het ’n grootskeepse soektog veroorsaak nadat hulle reeds ’n bees buite die wildtuin gevang het. Mnr. Jimmy Masombuka, woordvoerder van die Mpumalangase toerisme- en parkagentskap, het gisteraand aan Beeld gesê die leeus het Vrydag by ’n gebied in die wildtuin, wat glo bekend staan as Smoekstert, deur die heining gekom. Inwoners van Emdlankomo in die Nelspruit-omgewing het Vrydag eerste alarm gemaak. “Ons het van Vrydag af deur die nag begin soek tot Saterdagoggend.” Die een leeu, ’n maanhaar van 12 jaar oud, se karkas is langs ’n treinspoor gekry nadat ’n trein hom gestamp het. “Wat baie vreemd aan dié dier se karkas was, was dat daar ’n stuk been, vermoedelik die ribbekasgedeelte van ’n groterige dier soos ’n koedoe of dalk selfs ’n buffel, om die leeu se nek was. “Dit lyk asof die dier in een of ander stadium aan ’n karkas gevreet het en toe hy sy kop uittrek, het die been om sy nek bly hang en hy kon nie daarvan ontslae raak nie,” het Masombuka gesê. Hy het gesê hulle het die leeu se vel afgeslag en die karkas vernietig. Saterdag het hulle ook op die karkas van ’n bees afgekom wat deur die drie oorblywende leeus aangeval en verskeur is. Masombuka sê diep hale op die koei se karkas het duidelik getoon dat dit wel leeus was wat die dier aangeval het. Masombuka sê hulle het ongeveer 20:00 gisteraand inligting van die plaaslike gemeenskap in die omgewing van die Numbihek langs die wildtuin gekry wat die drie leeus opgemerk het. Soekspanne van die agentskap is uit om die spoor te volg. “Omdat die diere reeds ’n koei doodgemaak het, is dit nou vir hulle ’n maklike prooi en sal hulle weer toeslaan as die geleentheid hom voordoen.”’ Masombuka het gewaarsku dat die leeus baie gevaarlik en aggressief is en mense daarom baie versigtig moet wees. Hy sê mense moet onder geen omstandighede self probeer om die diere te konfronteer nie. “Ons gaan nie rus tot ons al die leeus teruggekry het nie,” het hy gesê. Hy het bygevoeg dat dit “baie moeilik” is om diere gedurende die nag te soek. Die leeus is blykbaar meer aktief gedurende die nag. Hy het gesê hulle hoop die leeus keer self na die wildtuin terug.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|