Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Soektog na ontsnapte leeus verby
S toltsnek (Krugerwildtuin). – Die soektog na die oorblywende twee leeus wat verlede week uit die wildtuin ontsnap het, is afgelas. Mnr. Jimmy Masombuka, woordvoerder van die Mpumalanga Toerisme- en Parkagentskap (MTPA), sê hulle vermoed die leeus is terug in die wildtuin. Die eerste tekens van die leeus se ontsnapping is Donderdag ontdek toe ’n leeumannetjie se karkas op die treinspoor reg langs die wildtuin gekry is. Dié dier het vermoedelik in die omgewing van Stoltsnek deur die heining gebreek. ’n Treinspoor loop reg langs die grens van die wildtuin waar die Nsikazirivier vloei. Die 12 jaar oue maanhaar is op die treinspoor deur ’n trein doodgery. ’n Leeuwyfie is Maandagnag doodgeskiet terwyl sy besig was om in ’n bestaansboer se kraal aan die karkas van ’n koei te vreet. “Sedert Dinsdag het ons nog nie weer enige teken van die ander twee gekry nie,” se Masombuka. Hy sê soekspanne van MTPA is verskeie kere die afgelope vier dae uitgeroep nadat lede van die publiek beweer het dat hulle die leeus opgemerk het. In een geval het ’n man gesê die leeus is in sy erf, maar toe veldwagters daar kom, was dit honde. Die leeumannetjie wat doodgery is, is steeds besig om ’n beroering onder wetenskaplikes en natuurbewaarders te veroorsaak. ’n Stuk van ’n dier se karkas was om sy nek toe dit doodgery is. Masombuka sê hulle probeer steeds vasstel watter soort dier se bene dit is. ’n Gedetailleerde kaart is te sien op www.beeld.com
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|