Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Warmer weer sorg dat daar krag is
Oct 28 2007 09:26:19:737PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Terence Steenkamp


Danksy voorspelde warm weer en genoeg elektrisiteit behoort daar vir die volgende drie dae geen nood-beurtkragmaatreëls deur Eskom ingestel te word nie.

Maar mnr. Tony Stott, ’n Eskom-woordvoerder, het verbruikers gister gewaarsku om krag steeds spaarsamig te gebruik.

“Ons het genoeg krag, maar as daar enige onderbrekings in die stelsel is, kan ons moontlike probleme hê.

“Ons vra verbruikers om geisers en ligte af te skakel indien moontlik,” het Stott gesê.

Nadat Eskom Vrydag waarskuwings uitgereik het oor moontlike nood-beurtkragmaatreëls die afgelope naweek weens ’n verlies van sowat 8 000 megawatt (sowat 20%) van sy opwekkingsvermoë, het ligte landwyd bly brand.

Stormweer in Mosambiek het Vrydag die Cahora Bassa- hidro-elektriese aanleg, wat 1 500 megawatt krag aan Suid-Afrika lewer, verhoed om dié krag te lewer ná ’n probleem by een van dié aanleg se transmissie-substasies.

Volgens Stott het tegnici van Eskom dié aanleg laat Vrydagaand herstel.

Drie plaaslike opwekkingseenhede, wat gesamentlik 1 200 megawatt lewer en verlede week onverwags gaan staan het, werk ook nou weer.

“Die meeste beurtelingse kragonderbrekings is Vrydag gestaak.

“Ons hoop vir ’n afname in die lading op ons stelsel danksy die warmer weer in Gauteng,” het Stott gister aan Beeld gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |