Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Fetus-foto wat skok tref dalk rokers
Nov 09 2007 10:47:18:963PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Diana-Marié Strydom


Kaapstad. – ’n Fetus in ’n glasbottel met ’n waarskuwing wat lees “Rook lei tot spontane aborsie” kan van die grafiese waarskuwings wees wat teen die einde van volgende jaar op sigaretpakkies in Suid-Afrika kan verskyn.

Dr. Yussuf Saloojee, direkteur van die nasionale raad teen rook, het gister by die 38ste internasionale TB- en longgesondheidkongres hier gesê daar is plek vir die gebruik van sulke skokkende foto’s as waarskuwings om die bewustheid van rookgevare te bevorder.

Die tweede deel van Suid-Afrika se voorgestelde rookwetsontwerp wat onder meer met dié grafiese waarskuwings op sigaretpakkies te make het, behoort volgende jaar deur die parlement aangeneem te word.

Dié waarskuwings word sedert 2002 in onder meer Brasilië gebruik.

Saloojee het gesê daar moet gevra word wat sou ’n regverdige waarskuwing wees vir ’n produk wat kinders verslaaf en jaarliks tot vyf miljoen sterftes wêreldwyd en 30 000 in Suid-Afrika lei?

“Waarskuwings verloor met tyd hul impak en weens hoë ongeletterdheidsvlakke is fotogebaseerde waarskuwings die ding om te doen.”

Altesame 15 lande wêreldwyd vereis tans fotowaarskuwings – onder meer Australië, België, Kanada, Thailand en Nieu-Seeland.

Suid-Afrika is een van 14 lan-de wat besig is met die proses om dié soort waarskuwings in te stel.

Syfers in Kanada dui daarop dat dié soort grafiese waarskuwings effektief is.

“Sowat 90% van rokers het dié waarskuwings opgelet, terwyl 44% van rokers gesê het dié waarskuwings het hul motivering om op te hou rook, verhoog.

“Meer as ’n derde van diegene wat probeer het om op te hou rook, het gesê die waarskuwings was ’n faktor wat hulle gemotiveer het,” het Saloojee in sy voorlegging gesê.

Hy meen waarskuwings op sigaretpakkies is die doeltreffendste wanneer dit prominent is, spesifieke inligting voorsien en ’n emosionele reaksie ontlok.

“Sommige mense het die foto’s baie skokkend gevind, maar navorsing wêreldwyd dui daarop dat dit lei tot ’n motivering om op te hou – met meer mense wat hulplyne skakel om op te hou rook.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |