Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
3 van sindikaat wat broodbome steel, moet elk ses jaar tronk toe
Nelspruit. – Drie lede van ’n sindikaat wat in die diefstal van broodbome spesialiseer is gister elk ses jaar tronkstraf opgelê. Killboy Fankomo (41), Aubrey Fankomo (52), sy oom, en Ellias Malandule (41) is in Julie 2005 buite Nelspruit aangekeer kort nadat hulle altesame 59 Laevi-broodbome (Encephalartos laevifolius) in ’n staatsplantasie buite die stad gesteel het. “As dit nie vir die yuppies van Gauteng was wat op ’n ego-trip wil gaan deur met die uiters skaars broodbome in hul tuine te spog nie, sou julle waarskynlik niemand gehad het om dit aan te verkoop nie,” het distriklanddros Annemarie van der Merwe in haar uitspraak gesê. Die Laevi-broodboom is ’n hoogs beskermde spesie en word wêreldwyd net in die Starvation Creek-klowe naby Kaapsehoop buite Nelspruit aangetref. Op die swartmark verhandel dié broodbome teen tot R1 000 vir elke sentimeter van die deursnee. Mnr. Robbie Jacobs, ’n ondersoeker van die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap, het getuig minstens 1 700 van die broodbome in die kloof is sedert 1996 met mikroskyfies toegerus sodat dit opgespoor kan word. “Daar is egter nou net sowat 50 in die natuur oor.” Die drie is skuldig bevind op aanklagte van diefstal, besit van broodbome sonder ’n permit en “inmenging met ’n unieke gemeenskap van broodbome”. “Die erns van die misdryf regverdig dat julle direkte tronkstraf kry,” het Van der Merwe gesê. Mnr. Kobus van der Walt, die staatsaanklaer, se aansoek dat die gesteelde broodbome aan die MTPA verbeurd verklaar moet word, is toegestaan. Die staat het ook reeds met ’n aansoek begin om Killboy Fankomo se voertuig verbeurd te verklaar. ) Killboy Fankomo, die leier van die diefstalsindikaat, is sedert sy inhegtenisneming in 2005 in nog twee afsonderlike voorvalle met gesteelde broodbome betrap.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|