Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Eskom pas beurtkrag op homself toe
Megawattpark, Eskom se hoofkantoor in Sunninghill, is Maandagoggend tussen 10:00 en 12:30 in donkerte gedompel en hy kon nie eens sy eie webwerf oopmaak om te sien watter gebiede sonder krag is nie, want sy hoofbediener was af. Megawattpark het egter sedert Vrydag ook sy deel gedoen om elektrisiteit te bespaar toe dit duidelik geraak het daar is 'n groot vraag deur onder meer krag vir sy hysbakke, geysers en lugreëling af te skakel. Werknemers is onder meer genoodsaak om trappe te klim. "Alle Eskom-afdelings moet natuurlik krag-doeltreffend optree," het 'n woordvoerder gesê. Eskom het Maandag beurtkrag toegepas en sekere gebiede in Gauteng, soos Linden e weltevredenpark in Johannesburg en Irene in Centurion was Maandagoggend sonder elektrisiteit. Buiten onderhoudprobleme het 'n tekort aan diesel ook vir die gebrek aan genoeg krag in die Wes-Kaap gesorg. Die beurtkrag-skedule is op www.eskom.co.za beskikbaar. Verbruikers kan ook die inbeldiens by 08600 37566 kontak. - Sapa
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|