Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Kerse en koue kos
Dec 11 2007 06:17:04:950PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Eskom pas beurtkrag op homself toe
  • Sanri van Wyk en Sapa


    Kerse en koue kos is waarskynlik die volgende paar dae talle Suid-Afrikaners se voorland.

    Waar Eskom in die verlede hoofsaaklik beurtkragmaatreëls gedurende spitstye ingestel het, kan Suid-Afrikaners verwag dat beurtkrag-onderbrekings van Dinsdag tot einde vandeesweek reg deur die dag ingestel sal word.

    Só sê mnr. Andrew Etzinger, Eskom se hoofbestuurder van aanvraagbestuur.

    Gister (Maandag) moes mense uit hysbakke gered word en verkeersknope het Gautengse verkeer erg ontwrig toe Eskom landwyd beurtkrag toegepas het.

    Die elektrisiteitsverskaffer het self ook deurgeloop toe sy hoofkantoor in Megawattpark aan die Rand sonder krag was.

    Volgens Etzinger is daar tans daagliks landwyd ’n gemiddelde kragtekort van sowat 3 000 MW in spitstye.

    Beplande én onbeplande herstelwerk word aan kragsentrales gedoen wat altesame 10 000 MW in gedrang bring, het Etzinger gesê.

    Volgens hom word onbeplande herstelwerk “weens onverwante tegniese probleme” by steenkool-kragopwekkingseenhede by vier verskillende kragstasies in Mpumalanga gedoen.

    Die beurtkrag is te wyte aan dié onbeplande herstelwerk, asook aan beplande herstelwerk.

    Hy het gesê hy weet nie hoeveel kragopwekkingseenhede deur die beplande herstelwerk geraak word nie.

    Die beurtkragskedules kan by www.eskom.co.za gekry word, maar verbruikers wat vind dat onderbrekings nie ooreenstem met die skedule nie, kan Eskom se hulplyn by 08600-37566 bel.

    "Ons probeer verseker dat beurtkrag plaasvind soos die skedule aandui, maar ons moet erken dat sake verkeerd kan loop, het Etzinger gesê.

    In Mpumalanga het die meeste dorpe deurgeloop, berig Buks Viljoen.

    In Nelspruit moes nooddienste verskeie mense uit hysbakke red nadat die krag omstreeks 15:00 afgegaan het.

    Mev. Bessie Pienaar, woordvoerder van die Mbombela-munisipaliteit, het gesê Eskom het die munisipaliteit eers gisteroggend vroeg van die beurtkragmaatreëls in kennis gestel.

    Mev. Robyn Baard van Nelspruit Medi-Clinic het gesê hoewel die hospitaal noodkragopwekkers het, het die onderbreking verskeie probleme veroorsaak.

    “Niemand het ons daarvan in kennis gestel nie. Een van die teaterlyste moes inderhaas gekanselleer word en om skielik vir 260 pasiënte kos te gee uit ’n kombuis sonder elektrisiteit, is ’n krisis.”

    Arisja Jacobs berig Secunda was van 08:00 tot net ná 14:00 sonder krag en die meeste winkels en apteke kon nie sake doen nie.

    Klante van ’n haarsalon in die Netforum-gebou het buite in die straat met krullers in hul hare gestaan en wag totdat die kragtoevoer herstel is.

    Grootskaalse kragonderbrekings het ook in Polokwane (Pietersburg) voorgekom, berig Marietie Louw-Carstens.

    In die Savannah-winkelsentrum in Sterpark het sommige klerewinkels ná die kragonderbrekings gesukkel om hul rekenaarstelsels weer aan die gang te kry.

    In die Tshwane-metrogebied het beurtkrag in die ooste van Pretoria tot talle verkeersopeenhopings en groot frustrasie gelei, berig Cobus Claassen.

    Die metroraad se kommunikasie-afdeling het in ’n verklaring gesê hy het op kort kennisgewing opdrag van Eskom gekry om beurtkrag toe te pas.

    Volgens hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, is die verkeer in Johannesburg erg ontwrig.

    Die verkeer in die noorde, in Sandton, Rosebank en Fourways is die ergste ontwrig, maar dié probleme het na die res van die stad “uitgekring,” het Minnaar gesê.

    In Sunninghill, Johannesburg, was Megawattpark (Eskom se hoofkantoor) ook in duister gehul en werknemers moes teen stilstaande roltrappe uitklouter.

    Etzinger het gesê beurtkrag het nog altyd hul gebied ook geraak wanneer dit landwyd toegepas word.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |