Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


'Viering van Cuito-sege belaglik'
Jan 11 2008 10:02:22:367PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • SA vier SAW se nederlaag in 1988 in Angola
  • Pieter du Toit


    Dit sal belaglik wees as die regering voortgaan om herdenkings ter viering van ’n oorwinning deur Angolese en Kubaanse magte oor die destydse Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) by Cuito Cuanavale in Angola te hou.

    Só het mnr. Helmoed-Römer Heitman, ’n militêre kenner, gister gesê. Geen militêre historikus sal só viering ernstig opneem nie omdat dit op valse aannames gegrond is, sê hy.

    Sy kommentaar volg op ’n stortvloed van reaksie ná ’n berig gister oor dié beplande vieringe. Die ANC het op sy nasionale konferensie in Polokwane besluit om in oorleg met Angola, Namibië, Kuba en Rusland landwye herdenkings te hou om die publiek bewus te maak van die “revolusionêre magte se opofferings”.

    Heitman sê die sogenaamde Slag van Cuito Cuanavale was ’n “katastrofiese” nederlaag vir die Angolese. “Jy kan dit seker as ’n oorwinning vir die Angolese beskou, ja, maar net as jy die verlies van 4 000 plus soldate teenoor die verlies van om en by 20 aan die Suid-Afrikaanse kant as ’n sukses beskou.”

    Volgens Heitman was die SAW se vernaamste doelstelling om te verhoed dat Angolese regeringsmagte die dorp Mavinga inneem en om hulle tot oor die Cuito-rivier terug te dryf. “Dít het hulle grootliks reggekry.”

    Die rede vir die voortslepende twis rondom die ware gebeure is, volgens Heitman, omdat Angolese magte die nederlaag nooit wou erken nie: “Die Angolese moes ’n storie bedink om daar uit te kom en die Kubane moes met waardigheid kon onttrek. Dis hoekom daar op ’n oorwinning aanspraak gemaak word.”

    Hoewel Umkhonto we Sizwe (MK), die ANC se militêre vleuel, nie by die veldslag betrokke was nie word hy steeds as een van Afrika se vernaamste militêre groeperinge gevier. Volgens sommiges word Cuito as ’n oorwinning in die stryd teen apartheid voorgehou bloot omdat daar geen ander suksesvolle konvensionele MK-operasies teen Suid-Afrika was nie.

    Genl. Magnus Malan, ’n oudbevelvoerder van die SAW en ook minister van verdediging tydens dié slag, sê die Suid-Afrikaners het by Cuito in hulle doel geslaag en die Angolese nie. “Fidel Castro (die Kubaanse diktator) het erken hulle het pak slae gekry, wie moet ons nou glo? Vir hom of vir die ANC?”

    Die skrywer Peter Stiff, outeur van verskeie boeke oor konflik in Suider-Afrika, sê Cuito het in ’n dooiepunt geëindig.

    “Die SAW het nie eintlik gewen nie, maar die ander kant kan ook nie as die oorwinnaar beskou word nie. Die SAW kon egter baie meer gedoen het as hulle wou. Hulle het vinnig vordering gemaak, maar was skrikkerig om tenks te verloor. Elke keer as dit gebeur het, het dit die opmars effens vertraag,” sê hy.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |