Hy skiet sover hy loop
Jan 15 2008 10:44:22:323PM - (SA)
Carla Mouton
Swartruggens. – Hy het geskiet sover soos hy geloop het.
Later het mnr. Johan Nel glo na ’n buurman gegaan en nog .303-patrone gevra.
“Ons het nou net ’n plakkerskamp aangeval,” het die jong vermeende aanvaller die buurman meegedeel.
Só het getuies gister vertel oor die bloedspoor wat Nel (18), van ’n plaas in dié omgewing, na bewering in ’n plakkersgemeenskap gelaat het. Drie mense is doodgeskiet en nog sewe gewond in die voorval, wat omstreeks 16:00 eergister plaasgevind het.
Twee van die dooies in die Skielik-plakkerskamp tussen Swartruggens en Koster was ’n drie maande oue babameisie en tienjarige seun.
Sowat 300 inwoners van Skielik het gister die pad tussen Swartruggens en Koster met boomtakke en ’n uitgebrande motorwrak versper om hul ontevredenheid te kenne te gee.
Hulle het eers teen 12:00 vreedsaam verdaag nadat mnr. Phenye Vilakazi, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Noordwes, hulle verseker het dat alles moontlik gedoen word om die aanvaller vas te trek.
Me. Christina Mot-shelahoka, ma van die tienjarige Tshepo wat dood is, sê sy het in Pretoria gewerk toe sy die oproep kry dat sy dadelik moet huis toe gaan. Tshepo se ouma, me. Sophie Motshelahoka, het hom opgepas.
Volgens Motshelahoka sr. het sy eergistermiddag skote hoor klap. “Toe ek buite kom, het ek hom in ’n bloedpoel gekry.”
’n Buurvrou, wat dit sien gebeur het, sê Tshepo het met ’n motorbuiteband in hul erf gespeel toe sy ’n man met ’n geweer sien verbykom het.
“Hy het hom (Tshepo) in die nek geskiet en toe in die bors. Tshepo het op die band geval en toe het die man hom in die rug ook geskiet.”
Me. Annah Moiphitlhi (31) en haar dogter, Keditlohotse Elisabeth (drie maande), is ’n ent verder af in die stofstraat geskiet. Moiphitlhi kon gister met Beeld se besoek aan die Paul Kruger-gedenkhospitaal in Rustenburg nie praat nie. Haar dogtertjie is op die toneel dood.
Die identiteit van die derde slagoffer, ’n man van in die 30, was teen druktyd nog onbekend.
Me. Kgomotso Seruthe (23), wat in haar linkerknie geskiet is, sê die aanvaller het met ’n bakkie langs die teerpad in die plakkerskamp stilgehou en toe na die huise toe geloop.
“Hy het geskiet sover hy loop. Ek was in die erf besig met wasgoed toe skiet hy my.”
Nóg ’n ma, me. Christina Loutreng, het gister langs haar driejarige seun, Orikarabile, se hospitaalbed gewaak. Hy is in sy skouer en hand geskiet en het sy linkerpinkie verloor.
Nel, wat glo met hoenders boer en tuisonderrig ontvang het, het glo ná die voorval na ’n buurman se huis gery en hom nog .303-patrone gevra.
Volgens die buurman, wat anoniem wil bly, was Nel in ou weermagklere geklee met die geweer aan ’n band oor sy skouer. “Hy het gesê: ‘Ons het nou net ’n plakkerskamp aangeval’.” Die polisie het ’n grootskaalse soektog na Nel van stapel gestuur. ’n Helikopter van die Noordwes-polisie het gister oor die omgewing gesirkel en die honde-eenheid het die spoor gevolg.
Volgens komm. William Mpembe, adjunk-kommissaris van die polisie in Noordwes, is 30 nasionale intervensielede en 70 misdaadbekampingslede ontplooi. Nel is gistermiddag, byna 24 uur ná die skietery, gearresteer nadat hy hom oorgegee het.
Mnr. Frikkie Pretorius, sy prokureur, sê hy was by Nel se pa, Hennie, toe ’n boer van die omgewing hom omstreeks 15:30 bel en sê Nel jr. is by hóm, berig
Leané du Plessis. Hulle is na dié plaas. “Hy (Nel jr.) was kalm en rustig. Hy het die polisie en helikopters gesien en geweet almal soek na hom,” het Pretorius gesê.
Pretorius het hom aangeraai om polisie toe te gaan. Hulle is saam na die Swartruggens-polisie, waar hy hom “sonder enige probleem” oorgegee het.
Nel sr. (43) is vroeër gister gearresteer op ’n klag ingevolge die wapenwet oor die veilige bewaring en beheer van ’n wapen. Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat, sê Pretorius.
Nel jr. sal na verwagting môre in die hof verskyn.
Teken in op Beeld
Kry Beeld op jou Facebook-profiel
Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi
|
| |
|
Skiet sover hy loop en burgermeester, 16/01/2008, annoniem
Dis wraggieswaar vir enigieen sleg as 'n geliefde of iemand na aan hul sterf. Veral in 'n voorval soos die, waar onskuldiges die skuld moet betaal vir 'n uitbarsting weens wraak, haat en opgeoopte emosies. En ek stem volkome saam dat moord moord is en moord bly verkeerd, wreed, onmenslik en onnodig. Ek praat nie moord reg nie, en ook nie rassisme nie.. Veral as mens moet hoor dat klein kindertjies en 'n babatjie, dalk nog iemand se pappa gesterf het.. Maar hoeveel pappas, babas, mammas ens, wat in plaasmoorde gesterf het se moordenaars loop nog op straat? Dis vir my rêrig hartseer om te sien daar word so vinnig gereageer om hierdie moordenaar vas te trek, maar in ander situasies, soos plaasmoorde, word daar nooit eens so drastiese poging aangewend om hul moordenaars vas te trek nie...
|
|
Rasisme, 16/01/2008, Onbekend
Miskien word wit mense in die land vermoor omdat gedink word dat hulle nog met al die geld sit en gister se voorval was voorwaar rassisties gemik want hoe anders? Daai mense in die plakkers kamp het mos nie geld nie? Hoekom praat wit mense nog steeds van nie-blankes. Wat beteken dit? Beteken dit dalk dat jy nie goed genoeg is om blank te wees nie? Wonder net...
|
|
hoekom word daar nie optogte, 16/01/2008, Deena
gehou wanneer swart kinders deur hulle eie mense verkrag en vermoor word nie? Hoekom speel KLEUR altyd 'n rol? Toe wittes en swartes opgemars het met versoekskrifte oor MISDAAD, is gesê ons wittes is MOANERS en WHINGERS en dat misdaad net 'n PERSEPSIE is. Hoekom is dit nou 'real'
|
|
dit is verskriklik en ek keur , 16/01/2008, BN
dit ten sterkste AF en ek hoop die reg neem sy gang en hulle word dienooreenkomstig gestraf! Ek wil net weet hoekom word daar telkens berig dat hulle "wit" was terwyl oor die 2500 plaasmoorde en ander huismoorde se oortreders nie volgens kleur berig word nie. Dit word uitgemaak as 'n rassistiese moord, maar wat van al die oumense en boere wat vermoor word? Daar word meestal net berig dat dit 'n HUISROOF was? En dan natuurlik was die Burgemeester se aanmerkings AFSTOOTLIK en nie goed vir versoening in hierdie land nie. Dit is indiwidue wat die daad gedoen het, nie WITMENSE in die algemeen nie! Hoeveel haat en wraak word deur die media aangevuur?
|
|
Skiet sover hy loop, 16/01/2008, Doret Bezuidenhout
Dit is n jammerte dat van al die geweld wat ons van 1994 beleef mense met soveel haat rondloop en n mens se lewe niks meer werd is nie. Dit is skokkend.
|
|
Rassistiese aanval?, 16/01/2008, SB
Hoekom is hierdie nou 'n rassistiese aanval as wit swart dood maak. Maar as swart wit dood maak is dit moord? Ek is trots om deel van die Nuwe SA te wees, deel van die reënboog nasie al is ek wit. Maar wat vir een kleur geld moet vir alle kleure geld. Dis glad NIE reg wat hierdie 18 jarige gedoen het nie!!
Hierdie barbaarse geweld, motorkapings, diefstal, moord en als moet by alle kleure stop. Hou op verskonings maak en die verlede gebruik.
Kom ons bou 'n re&eum;nboog land en nasie om op trots te wees!! ONS KAN NIE DIE VERLEDE VERANDER NIE MAAR ONS KAN DIE TOEKOMS VERBETER!!!
Kom Zuma, praat met die mense dat ons moet saam werk!!
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Hannes
Die jong man se skokkende en onverskoonbare optrede vra die vraag: Weerspie?sy optrede nie baie mense in SA (alle kleure) se frustrasie met die onvermo?an die polisie en weermag om die volk te beskerm nie?
En ja ek wonder hoeveel polisiemanne soek na die moordenaars (die lafaards tree mos deesdae in groepe op) van Mnr Danie Roos van Balfour?
SA stuur op `n bloedbad af as daar nie baie vinnig werk gemaak word van die misdaad situasie in die land nie.
Daar moet `n geen- verdraagsaamheids beleid teen alle misdaad gevolg word. Maar hoe kan die polisie effektief raak sonder bevoegde en ervare leiers?
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, M Pretoria
Vir my so vreemd dat wanneer blanke mense aangeval word, dit bloot geweld is, maar sodra 'n blanke 'n anderskleurige aanval, is dit rassisme! Nee wat, die rede vir die bohaai is bloot omdat niemand kan dink 'n blanke persoon kan ook foute begaan nie!!! Die wapenwet beskerm in elk geval net die kriminele! Ek stem saam met annoniem sandton. Bring die doodstraf terug! as ons blankes mos iets sê dan is dit rassisties... om die doodstraf terug te bring, is ook rassisties, wonder hoekom?
|
|
Moord, 16/01/2008, Griet
Dis was verkeerd. Dit is ook verkeerd dat 'n pa voor sy kinders dood geskiet word of 'n 12 jarige seun op sy ma se bebloede lyk afkom of bejaardes vermoor word vir 'n pakkie onderbroeke........ Ons is almal keelvol vir die geweld. Party van ons hanteer dit net nie so goed nie en "snap".....WANNEER GAAN DIT OPHOU?
|
|
SKIETERY, 16/01/2008, Venter
Hulle (Die Burgemeester en trawante) sê dit is rassisme. As hulle vermoor en 'n selfoon steel is dit reg want dit is "misdaad". Wat ons land se burgers sê is reg, ons is in 'n burger oorlog want ons word daagliks uitgemoor in die naam van misdaad.
|
|
Hy skiet sover hy loop., 16/01/2008, Tsepo Tjabalala
Geen rasistiese voorval nie. Jammer vir die mense wat familie verloor het. Ek stem saam Johan Nel is verkeerd gewees. Wat ek nie kan verstaan nie is dat dit as 'n rasistiese aanval gesien word. Die Polisie, mag dan nie in statistieke laat weet of die moorde swart of wit slagoffers was nie. Ek DINK WANNEER DAARDIE STATISTIEKE vrygestel word sal dit duidelik word dat daar "genocide"/ "massa moord" plaasvind teenoor die wit mense van suid afrika, veral boere soos miskien die Nel familie. En ek het nog nooit gehoor van 'n taakmag van 100 lede en helikopter wat een swart man jag na 'n moord op wit mense nie. Hoekom betaal witmense belasting, as die hulpbronne net aan swartes toegestaan word?
|
|
Skietery in Plakkerskamp, 16/01/2008, Van Niekerk
Hierdie berig is net weer 'n bewys van wie se skoothond die media is. Niks anders as 'n propaganda speelbal van die huidige regering nie. Beskerm die swarte van Afrika, wat kan moor en roof, maar moet hom net nie skade aandoen nie.
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Hannes Coetzee
My eerste gedagte was 'die tyd is naby'.
'n Burgeroorlog onder die huidige idiotiese regering is onafwendbaar. (Kan hulle dit nie sien kom nie?)
Die seun se optrede kan nie geregverdig word nie, maar sy optrede weerspieël net sy frustrasie vlakke wat hy ook van sy ouers se kant af beleef. Mens probeer maar rasioneel bly.
Ek is uitstekend gekwalifiseerd, maar moet ook a.g.v. regstellende aksie, (wat beteken sit 'n onbevoegde idioot in 'n pos, want 'shame', hy/sy is 'n voorheen benadeelde) maar moet die afgelope 8 jaar tevrede wees met kontrakwerk met gepaardgaande onsekerheid.
My werkpermit oorsee was al goedgekeur, die enigste rede waarom ek steeds hier is, is dat my eiendom nie verkoop nie....
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Willie Mynaamsenie
Ma geskiet - vir R70
Jan 16 2008 09:57:22:740AM - (SA)
Durban. - 'n 12-jarige seun wat gereed gemaak het vir sy eerste skooldag van die jaar het Woensdag op sy ma se bebloede lyk afgekom nadat sy vyf keer deur 'n rower in hul huis in Pinetown geskiet is.
Die seun het skote gehoor en gehardloop om te kyk wat gebeur. Hy het sy ma, Futhi Ncwane (38) in 'n poel bloed sien l?
'n Polisiewoordvoerder s?n gewapende man het die perseel omstreeks 06:00 betree en die huishulp voor hom die huis ingedwing op soek na die eienaar.
Me. Ncwane het uit haar kamer gekom toe sy geluide hoor. Sy en die rower het handgemeen geraak en verskeie skote is afgevuur.
Me. Ncwane is op die toneel dood. Die rower het op die vlug geslaan nadat hy R70 gebuit het.
Die polisie ondersoek moord- en roofklagte. - Sapa
En hoeveel Polisie is vir hierdie moord ontplooi? En honderdtalle plaasboere wat al vermoor is? En die moorde by Marloth Park?
|
|
Hy skiet so ver hy loop, 16/01/2008, Annoniem
Dit is tyd dat almal in SA, ek bedoel almal, of jy nou pienk, geel, groen, pers of rooi is wakker skrik. Die land gaan nooit beter word as al die rasse in SA nie saam staan en misdaad in al sy variante beveg nie, maar ongelukkig sal die Regering eers hulle morele waardes moet reg kry. Hulle sal hulle onderlangse "hate speech" teenoor blankes moet stop sit en doen wat hulle belowe het, om die land vir AL sy inwoners 'n beter plek te maak. Ongelukkig is mag 'n gawe wat net deur mense met baie sterk self beheersing op die regte manier gebruik kan word en dit is iets wat niemand in SA se Regering het nie. Rassisme is net dit. Rassisme het nie 'n kleur nie en Rassistiese voorvalle ontstaan ook nie as gevolg van kleur nie. Dit onstaan as gevolg van omstandighede en verkeerde besluite.
Ja dit is hartseer dat daar 2 onskuldige kinders dood is, maar foeitog wat van al die ander blanke kinders wat verkrag en vermoor word. Hulle aanvallers word beslis nie so vinnig gearresteer nie en dan wil die Regering spesifieke rasse groepe uit wys oor Rassisme. Dit is beslis nie in enige land se belang dat die inwoners, Regering en Veiligheids departemente so kleinlik optree nie. Ek s&eacirc; altyd moet niks teenoor ander mense doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.
Ek het hoop dat die bewoners van SA eendag soos die intelligente mense kan optree wat hulle is.
|
|
Skiet hy sover hy loop, 16/01/2008, heidi
Almal wil sê dis so erg maar hulle het nog nie daaraan gedink dat hulle iets aan hom gedoen het nie en dat daar 'n rede is hoekom hy dit gedoen het niemand kan hom oordeel totdat hulle weet hoekom het hy dit gedoen nie dalk het hulle 'n familielid of goeie vriend geryp of vermoor iemand wat al 'n baie na persoon aan hulle verloor het met moord sal verstaan hoe so persoon voel dis net ons almal vat nie dit in ons eie hande soos hy nie ons is maar bang. Daar word nie so groot ding gemaak van wanneer ons blanke mense nie meer veilig is nie en vermoor word en veral plaasmoorde.
|
|
hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, petro
WAT VAN AL DIE ONSKULDIGE MENSE WAT VERMOOR IS NET VIR 'N SELFOON VINGERS WORD AFGESNY MET N SNOEISKER WAT HET DAARNA GEBEUR? HOEVEEL ONSKULDIGE WIT MENSE IS VERMOOR OP PLASE? EEN OF ANDER TYD MOET MENSE UITHAAK . AS JY HOOR VAN HIGH JACKING EN GEWERE WAT GEBRUIK IS SONDER LISENSIES, AS JY MOOI AGTERKOM IS DIT AL DIE WAPENS WAT INGEHANDIG IS BY DIE POLISIE STASIE OM DAT JY NIE KAN BEKOSTIG OM AL DAARDIE GELD WEER UI TE LE VIR NUWE WETTE OM VUUR WAPEN TE HOU NIE. DAN WORD HULLE GESTEEL EN GEBRUIK OM WIT MENSE DOOD TE MAAK WAAR IS REGTE NOU? BRING DIE DOODSTRAF TERUG DAN SAL SA WEER KAN ASEM SKEP. HOE KOM MENSE WEG WAT DRONK BESTUUR WORD BLOED RAAK WEG MAAR DAT N WIT MAN GEVANG WORD DADELIK TRONK TOE
GISTER LANGS MY OP BESIGE PAD SIT TWEE SEUNS19 JAAR ORDENTLIK OP MOTORFIES VOLGENDE OOMBLIK WORD HULLE AFGERUK SWART MAN MET AK OP HULLE GERIG WT MOET HULLE DEUR GEGAAN HET DAARDIE OOMBLIK IS DAAR NIE MEER IETS SOOS ORDENTLIKHEID NIE. GEEN WONDER ALMAL VLUG UIT DIE LAND NIE . EK DINK DIT IS TYD DAT ONS AS SUID AFRIKANERS SAAM MOET STAAN EN SAAM MOET BID. WAT HET GEWORD VAN GELOFDE DAG
|
|
skietery, 16/01/2008, Minke
Ek kry die gevoel dit gaan nog meer gebeur..en eintlik verbaas dit begin nou eers..alles is besig om uitmekaar te val vir SA as ek kon sou ek immegreer maar sit hier in die plek net omdat ek nie kan bekostig om te vlug nie....dinge raak baie lelik
|
|
SA burgeroorlog?, 16/01/2008, PC Steyn
Net nog 'n dag in bloedige SA. Ons stuur in elk geval op 'n burgeroorlog af - of is ons klaar in een? Die gevolg van apatie,'n powere regering en 'n leierskapleegte.
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Theo Viljoen
Die eerste ding wat deur my kop gegaan het was, dit is nie reg wat hy gedoen het nie. Ons sê nie dit is die antwoord op geweld nie, maar daar is altyd maar altyd twee kante van 'n saak. My vraag is, wat het daardie jong man gedryf? Het hy nie ook al genoeg geweld moes aanskou in sy lewe om sover te gaan om dit te doen nie.
|
|
Skiet sover hy loop, 16/01/2008, annoniem
"n mens kan nie regverdig wat die jong man gedoen het nie, maar die vraag bly opkom wat het hom gedryf? Waarom word daar vinnig aan redes gedink vir wrede plaasmoorde maar nou word die rassisme kaart dadelik voor hom gegooi? As hulle dalk die hoeveelheid polisielede en spanne gebruik om alledaagse moorde en misdaad te bekamp sal die geval nooit plaasgevind het nie. Dink bietjie waar deur die jong man moes gaan, wat alles deur sy gedagtes moes gaan toe hy beluit om so ver te gaan as moor. Dit gaan meer en meer voorkom as daar nie sternger teen misdadigers opgetree word nie. Bring terug die doodstraf en stop korrupsie in die polisie..
|
|
Hy Skiet Sover Hy Loop, 16/01/2008, N Niemand
Hoekom so groot bohaai oor een geval waar 'n WIT persoon SWART mense skiet. WIT mense word daagliks aangerand, verkrag en vermoor vir sommer net 'n selfoon of R10. Hoekom geen bohaai oor ons ou mense wat so wreed aangerand en vir die dood gelos word nie. Die WIT mense raak moeg om die "target" te wees. Bring terug die doodstraf, dinge sal dan dalk verander!!
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Martie
Reg is reg en verkeerd is verkeerd. Moord bly verkeerd. Ons moet ophou om mense te sien as verteenwoordigend van 'n groep. Groepe bestaan uit individue, elke met sy eie vrese en vreugdes. Ek wonder hoe regverdig die arme verdwaalde kind sy dade teenoor Jesus wat leer van liefde, ook liefde vir jou vyand. Was die slagoffers ooit sy vyand? Hoe kan 'n baba jou vyand wees.
Ek wonder net hoe beskaafd ons mense regtig is - ook die wat verskoning vind vir die aaklige daad.
Ja, mense naby aan my is ook vermoor. Ek het in die oë van die moordenaar gekyk in die hof, die haat daar gesien, en gebid vir sy siel.
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, nico
Dit is wat gaan gebeur as daar nie wet en orde in die land gaan kom nie.Ek my vrou en kinders was in 'n gewapende roof, na daardie voorval is my kinders haatlik teenoor rowers hulle is nog baie jonk en het nog net die sleg in Suid Afrika gesien, hulle glo my nie ons het op 'n stadium baie lekker en vreedsaam in hierdie land gebly nie. Daar was al weer drie of vier dalk meer sulke gevalle na ons roof in ons dorp waar daar ook moord gepleeg was, en ek het nog nooit soveel publisiteit van enige hierdie moorde gesien of gehoor nie, Waaroor gaan dit? Daar was ook nie 'n kwart van die polisie se betrokkendheid by die gevalle nie,daar is altyd te min van hulle.Waar kom hulle nou vandaan om 'n 18 jarige wit man te vang? Of is hulle net daar om die wit mense wat fouteer aan te keer.
|
|
Skietery, 16/01/2008, Olaf Johansen: Heidelberg
SA is vasgevang in 'n spiraal van geweld en misdaad. Die onvermoë van die regering om orde te handhaaf en die dubbel standaarde mbt hantering van die probleem help niks. Burgerregte groepe en oposisie moet 'n dringende nasionale beraad inisieer om moorde op plase en roof-en moord in stede te bespreek en die regering tot verantwoording te bring. Die wetstoepassings agente se aandag word afgelei deur politiekery.
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Middel-Ooste
Dit is baie erg - en dit maak niks reg nie! Wat ek wel weet, is dat ek te jonk was in die apartheids-era om iets te onthou daarvan.,br> Ek lees van die wreed-aanvalle elke dag in die Beeld, al is ek in die buiteland, en dan om als te kroon - moet 'hulle' altyd byvoeg dat die verantwoordelike Mosambiek/Zim knape is, dis pateties! Ons jong generasie is onskuldig oor die sondes van die 'oues' en nou moet ons boet. Ons word 'groot' in 'n era vol vrees, geweld en hartseer. Die gevoelens,is dinge wat ons nie geken het nie. 'Hulle' is besig om 'n nuwe-era van haat en rassisme te kweek in ons 'JONG WITTES', wat ons nie geken het nie!
|
|
Tragies, 16/01/2008, Peet
Moord is moord en moet gestraf word. Gelukkig vir Nel sal hy nie hoef te hang nie. Mens voel jammer vir sy ouers en familie en dié van die slagoffers.
Die realiteit is mense raak moedeloos en hooploos agv. 'n onsimpatieke / moedswillige ANC regering. Solank dit aanhou sal meer sulke gevalle voorkom.
Mag die Here ons bewaar van 'n volskaalse rasse-oorlog!
|
|
RE:, 16/01/2008, Michelle
Het jou gebid'ery of enige iemand anders sin al die situasie van misdaad "rasse haat" in hierdie land verbeter. Die 700 honderd inwoners van DIE plakkerskamp waar die petalje afgespeel het, het nie op hulle knieë gegaaan en gaan bid nie, nee hulle het die strate toegeneem en saam gestaan en gewys dat hulle ongelukkig is en dat daar iets gedoen moet word. Waar die blankes net sê "gelukkig het dit nie met my gebeur nie". BLANKES IN DIE LAND IS ELKEEN VIR HOMSELF.
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, A. Scott
as die outjie baie slim was, dan sal hy minstens uitgevind het waar daar 'n nes van kriminele gewoon het en die lot uitgemoor het plaas van die onskuldiges wat hy gedood het. dis geen brawe daad hierdie nie.
|
|
Skietery, 16/01/2008, Anoniem
Dit is erg dat SkeweBeeld nou reeds die seun skuldig bevind het. Sal Beeld verantwoordelikheid aanvaar vir die resultaat van enige wraakaanvalle wat voortspruit uit hul berigte?
|
|
Tipies, 16/01/2008, Gatvol Ook
Die feit dat 'n wit man swart mense dood geskiet vir welke motief ookal, word dit rassisties.Wat van al die wit mense wat in hul huise, voor hul kinders, vrouens, mans, geliefdes dood geskiet word vir aardse besittings? Sien jy dan die burgeemeester wat kom foto's neem? Sien jy dan groot magte polisie wat soek na die misdadigers? Sien jy dan sommer 'n polisie helikopter? NEE
Ons land is in sy maai!Dis tyd dat al die wit mense padgee.
|
|
Sekte, 16/01/2008, stan
Volgens die berig het die seun tuis onderrig ontvang. ek wonder net hoe hulle met sy kop 'gesmokkel' het en wat hulle hom geleer het?
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Willem swanepoel
Soos gewoonlik word die ras kaart hier gespeel. Interessant, is dit nie? Wanneer 'n nie-blanke 'n blanke aan val word dit geblameer op apartheid, daar is verskeie sulke gevalle.Ek glo nie dis nodig om verwysings hier te plaas nie. Aangesien U by Beeld en ander ANC koerant lede nooit kan wag om sulke snert te plaas nie, en dus maklik in julle argiewe sal vind.
Die vraag moet eerder wees waarom het hierdie jong man besluit op so 'n optrede. Hy het sy hele toekoms prys gegee. Waarom, wat het hom gedryf na hierdie daad? Miskien regstellende aksie, miskien BEE. Miskien was dit plaasmoorde, wat ek seker is hy baie mee te doen gehad het van 'n jong ouderdom af.
As ons gaan verskoning maak vir 'n nie-blanke vent wat blanke mense aanval en sê dis Apartheid se skuld, dan waar is julle Humanistiese verslaggewers nou, waarom blameer julle nie nou die eksterne faktore wat mense dryf na hierdie dade, eerder as die persoon wat die daad gepleeg het. Kom volg die nuwe tedens in die land van ons neem geen verantwoordlikheid vir jou dade nie blameer eerder iets anders. Ons regering doen dit, ons media doen dit.
|
|
Skiet sover hy loop, 16/01/2008, Anoniem
Jong Nel was heel verkeerd. Maar wat het hom gedryf? Is dit nie dalk die misdaad in ons land nie? En dan die moorde op oumense waaroor daar niks gesê word nie. Terug met die doodstraf.
|
|
Skiet sover hy loop, 16/01/2008, Annoniem
Ek dink die insident is die resultaat van die regering se onvermoë om misdaad effektief te bekamp. Die effek is 'n bose kringloop met wrokgevoelens. Die enigste manier om misdaad en veral moord en verkragting hok te slaan is om die doodstraf terug te bring.
|
|
Skietery, 16/01/2008, Susan
Ek is jammer vir die oorledenes se familie, altyd, of hulle nou wit is, swart, pienk of pers. Maar ek wil net sê word wakker wit Suid-Afrikaners, natuurlik is dit 'n rasse voorval, ALTYD waar 'n wit persoon 'n swart persoon aanrand of doodmaak is dit 'n RASSE VOORVAL. Omgekeerd is dit niks, jy as witte is NIKS in SA, sal nie nou iets wees nie en ook nie later nie. Om positief oor hierdie land te bly, is net om nie van jou verstand af te gaan nie. Jammer ek is so bitter oor al die DUISENDE WIT AFRIKANERS wat al hier vermoor is, en ek kan amper sover gaan en sê ek het die minimale simpatie vir daardie families wie se mense doodgeskiet is omdat ek net nie meer kan aanhou voorgee nie. My hart gaan vandag weereens uit na AL DIE WIT SUID AFRIKANERS WAT VRIENDE EN FAMILIES AL VERLOOR HET.
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, sharnelle kloppers
Dit is jammer dat 2 onskuldige kindertjies doodgeskiet is. Swart of wit, 'n kind is 'n kind. Daai arme bloedjies weet nog nie wat regtig in SA aangaan nie. Wat het hy eintlik bereik... NIKS? Maar ja, ek stem saam dat ek ook keelvol is vir al die moorde, inbrake, hi-jackings en wat nog. Dan het iemand verlede jaar in Beeld gesê dat die wittes te sensitief is oor die geweld in SA. Wat gaan aan in die regering? Natuurlik is ons 'n land met 'n hoë misdaad syfer. Dalk moet President Mbeki ophou om ander lande te besoek en vrede daar probeer regstel en bietjie wakker word en kyk wat in sy eie land aangaan. Bring eerder die doodstraf terug want lyfstraf is te lig as die regering ooit sou besluit om lyfstraf in te bring.
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Annoniem Parys
" 'n Helikopter van die Noordwes-polisie het gister oor die omgewing gesirkel en die honde-eenheid het die spoor gevolg.
Volgens komm. William Mpembe, adjunk-kommissaris van die polisie in Noordwes, is 30 nasionale intervensielede en 70 misdaadbekampingslede ontplooi. Nel is gistermiddag, byna 24 uur ná die skietery, gearresteer nadat hy hom oorgegee het."
Is dit 'n standard parktyk van die polisie dat so GROOT reaksiemag (100 mense en 'n helikopter)ontplooi word om EEN mense te vang wat DRIE mense geskiet het.
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Sonja, Maraisburg
Nel (jr.) het nie reg opgetree nie, ek stem. Maar oor 'n week of so hoor ons in die nuus hoe andere boere op die dorp doodgemaak word, so hy meen net hy kan dit ook doen want die swart mense roof, moor en verkrag net soos hulle wil. Sit miskien vir 'n jaar of so in die tronk dan kom hulle uit en doen dieselfde.
BRING DIE DOODSTRAF TERUG EN ONS GAAN NIE MEER SUKKEL MET SULKE PROBLEME NIE.
|
|
Hy skiet sover hy loop EN Burgermeester, 16/01/2008, Pieter
Ek stem volkome saam met Annoniem, dit is die gevolg van ons huidige regering se laksheid om daadwerklik iets te doen aan die misdaad situasie in ons land so dit nou is. Ons is nou gatvol vir die skoueroptrekkery en wegpratery dat daar nie enige probleme is nie. Die burgers van ons land gaan eie gereg in hul hand neem as daar nie nou iets gedoen word om die lewens van ons burgers te beskerm nie. Die spreekwoord "wat goed is vir die een is goed vir die ander" moet toegepas word. Bring die doodstraf terug!!
|
|
Zuid-Afrika zelf is een gekkenhuis, 16/01/2008, Johan Van Vlaams
Het is een mirakel dat het zolang geduurd heeft voor bij iemand de stoppen doorsloegen en Nel als een gek in het rond begon te schieten in het plakkerskamp.
Ik denk wel dat Nel het gedaan heeft in een opwelling en niet met voorbedachten rade, want anders had Nel op voorhand de bijkomende kogels gaan vragen bij een buurman en niet achteraf. Een onweerstaanbare drang dus. In Vlaanderen volgt daarop de vrijspraak, mits begeleiding wel te verstaan. In Zuid-Afrika ook? Ik denk het niet. Daar is 'Justitie' immers vooral gericht op het "temmen" van de blanken.
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Antoinette Joubert
Wat die jong seun gedoen het was nie reg nie maar waar is die polisie as ''n pa voor sy jong seun op sy hoenderplaas doodgeskiet word en waar is hulle as 'n pa voor sy gesin in sy huis se oprit geskiet word ? Is dit nie ook 'n geval van "omgekeerde rassisme" nie ?
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Neotech
Ek voel die dood van onskuldige mense van alle rasse is verkeerd, veral klein babatjies! Ek glo ook dat die daaglikse plaasaanvalle defnitief rasse-aanvalle is - wreedaardige rasse-aanvalle. Swart op wit, en dan word daar gesê hulle weet nie wat was die motief vir die aanval nie. Snert man, dit was 'n rasse-aanval - nou dat swart mense deur 'n wit mens geskiet is, NOU sal dit 'n rasse aanval wees? Ek is ook gatvol vir al die moorde en ek stem honderd persent saam dat die doodstraf teruggebring moet word. Almal van julle wat glo die doodstraf is nie 'n oplossing nie moet regtig net bykom - iets moet gedoen word!
|
|
Skiet sover hy loop., 16/01/2008, Elsabe
watter onbesonne ding om te doen - om ander se lewens te beëindig omdat jy magteloos voel oor dit wat tans in ons land aan die gaan is. Plaas dat ons almal in die land hande vat en saam bid dat reg en regegtigheid sal seëvier sodat ons in 'n beter en veiliger Suid-Afrika kan bly. Ons bid vir die bedroeftes van die oorledenes en mnr Nel (jnr) se ouers.
|
|
Skietery in plakkerskamp, 16/01/2008, Jaco Klopper
Wat die jong seun gedoen het is verseker verkeerd. Geen mens het die reg om iemand anders te moor nie, MAAR, waar is die polisiehelikopter as daar mense op plase aangeval word?? Waar is die burgermeester wat kom toesprake lewer? Waar is die beloftes om ten alle koste die misdadigers te vang? Beskerm ons teen moorde en rooftogte! Bring die doodstraf terug, maak nie saak watse kleur jy is nie!
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Magda
Dit is so jammer dat ons BLANKE Suid-Afrikaners nie bymekaar kan staan nie. Ek praat glad nie goed wat Nel jnr gedoen het nie, maar ons BOERE moet maar net terug sit en kyk hoe ons mense vermoor word. Nou is dit skielik 'n rassistiese aanval. As die BOERE iets doen is dit rassisties maar as die BOERE vermoor word, WAT IS DIT DAN. Geen wonder ons blankes verlaat ons pragtige land nie!!!
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Annoniem
Ja nee, ek stem saam. Ons is net gatvol dat ons vir die afgelope 11 jaar moet terugstaan, terwyl ons uitgeroei word, en al wat hulle te sê het, is dat dit weens die apartheidsregering is, dat geweld so hoog in ons land is.
|
|
Moor sover hy loop, 16/01/2008, Verpletter
Dit is baie erg - ek voel spesiaal baie hartseer vir die vrou wat haar 3mnde oue baba dogtertjie verloor het...dit is hartverskeurend! Onskuldige klein wese - nou is sy dood. Ek sal laaik om te weet wat die 'shooter' se motief was? Het hy wraak geneem oor iets of het hy net plein-weg sy kop verloor en bossies geraak? Ek bid ook vir ons almagtige God dat iemand anders daar buite nie nou wil wraak neem teen 'wit'-mense nie. Daar gaan te veel mense dood in ons land elke dag, almal moet net kalm bly en nie 'generalise' nie - want dan is dit weer 'n algemene wit vs swart dilemma - en eintlik was dit net een siek dude wat wack is - en ongelukkig was hy wit en sy slagoffers swart. May God be with the victims and also with South Africa! PEACE
|
|
Hy skiet sover hy loop, 16/01/2008, Ontstelde Wit Boer
Dit is verkeerd wat die jong man gedoen het om die mense in plakkers kamp te skiet maar hoekom word daar nie so baie moeite gedoen om moordenaars wat boere en mense in die stede wat vermoor word op te spoor nie. Daar is elke dag berigte in die koerant van WIT mense wat vermoor word maar dit lyk of dit behandel word soos 'n alledaagse saak, maar as daar mense in 'n plakkerskamp geskiet word dan word amper die hele weermag agter die aangestuur. Hier word nou selfs 'n kommentaargedeelte by die berig gesit maar toe die twee oumense van Naboomspruit angeval is en die oom wreed vermoor is met panga en die tannie se vingers afgesny was toe is dit niks nie want hulle is mos wit. Daar sal drasties iets in die land gedoen moet word.
|
|
SKIETERY, 16/01/2008, Nicky Basson
Ek is seker die Polisie sal uit hulle pad gaan om die skuldige aan te keer, hy is mos wit. Net jammer dat hulle nooit die skuldige kan aankeer as die slagoffers wit is nie. Ek verwag niks anders van die SWART Regime wat tans die land vernietig nie.
|
|
Hy skiet sover hy loop EN Burgermeester , 16/01/2008, Annoniem Sandton
Ek het hierdie twee berigte gelees en ja dit was verkeerd van Nel jr om net los te brand en mense te skiet maar dan lees ek die berig van die burgermeester oor dat sy sê dit was 'n rassistiese aanval, dan word ek bloediglik kwaad. As 'n persoon van haar ras net mense dood skiet vir 'n selfoon of 'n paar rand of inbreek en vat wat hulle wil hê en dan steeds die mense in hulle eie huis skiet word daar net 'n berig daaroor geskryf. Niemand sê dat dit 'n rassistiese aanval is of was nie. Sorry, maar wit mense is nou gatvol vir al die moord rondom hulle, veral boere en ek is seker dit is hoekom Nel jr se kop uitgehaak het, hy het seker ook gatvol geword. Die mense wat daar hoog bo in hulle lekker hoe betaalde poste sit moet begin om iets te doen. Bring die doodstraf terug en dan gaan jy sien hoe gaan aanvalle en moorde daal. Dit is al wat ons nou gaan red.
|
|
| |
| Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit. |
|
|
|