Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Verkeersman wurg motoris glo
Malelane. – “Vergewe my en laat ek asseblief net hemel toe gaan.” Dit was verlede week mnr. Ruan de Beer (22) se skietgebed terwyl ’n verkeersman van die Nkomazi-munisipaliteit hom na bewering met ’n brandstofpyp gewurg het. “Ek was oortuig daarvan ek gaan nou dood,” het ’n steeds geskokte De Beer gister aan Beeld gesê. Tydens die beweerde aanranding het mnr. Enoch Sifuanda, een van die dorp se mees berugte verkeersmanne, hom glo so erg aangerand en geskop dat hy doktersbehandeling moes kry. Albei De Beer se oë is potblou en geswel, hy moes vyf steke kry om ’n diep wond aan sy linkeroogbank te heg en skaafmerke is duidelik sigbaar om sy keel. Die beweerde aanranding het Donderdag kort ná middernag op Malelane Toyota se rybaan gebeur toe De Beer en mnr. Stefan du Preez (20), sy boesemvriend, brandstof ingegooi het. Kort nadat hy by die vulstasie gestop het, het Sifuanda De Beer se voertuig genader en met hom gepraat. Sifuanda was kaalvoet en in ’n wit T-hemp en denim geklee. Volgens ooggetuies was Sifuanda met die munisipaliteit se noodvoertuig wat deur die brandweer gebruik word, by die motorhawe. Beeld het ook vasgestel dat Sifuanda nie ten tye van die voorval amptelik aan diens was nie. “Hy wou weet of ek dronk is. Toe ek sê ek dat ek bier tydens ’n braai by vriende gedrink het, het hy my aan die broek gegryp en gesê hy gaan my vir dronkbestuur toesluit.” In ’n stadium het Sifuanda hom glo gegryp, op die grond gegooi, een van die petrolpompe se pyp om sy nek gedraai en hom begin wurg. De Beer sê hy het later flou geword. Toe hy bykom, was Sifuanda na bewering besig om hom herhaaldelik teen die kop te skop. Du Plessis het sonder sukses tussenbeide probeer tree. ’n Pompjoggie het hom glo ook verskeie kere tussen die bene geskop. Die hele voorval is op die vulstasie se veiligheidsbande vasgelê. Die polisie het in daardie stadium by die vulstasie verbygery. “As hulle nie daar aangekom het nie, het hy my doodgemaak,” meen De Beer. De Beer en Du Plessis is in die polisieselle aangehou, maar later vrygelaat. Die polisie het gistermiddag bevestig dat ’n klag van aanranding teen Sifuanda ingedien is. Me. Antjé Nortjé, die hoof van beskermingsdienste, het gister gesê die voorval word ondersoek. “De Beer is in hegtenis geneem omdat hy hom teen arrestasie verset het.” Oor die feit dat Sifuanda nie in uniform was nie, het sy gesê hy was tóé by die motorhawe om die raadsvoertuig vol brandstof te maak. Hy is ook voorheen aangekla omdat hy ’n familielid glo aangerand het. Beeld kon Sifuanda gister ondanks herhaalde pogings om kommentaar oor die jongste voorval, nie opspoor nie.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|