Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Buurstate word nie net afgesny
Jan 25 2008 11:13:21:690PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

“Ons sal nie ons bure se krag afsny om onsself te red nie.

“Hulle is ook ons kliënte.”

Só het mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings, gister oor die kragkrisis en kraguitvoere gesê.

Suid-Afrika se buurstate moet egter ook vrede maak met onderbrekings in dienslewering.

Zambië, Botswana en Swaziland het die afgelope paar dae saam met Suid-Afrikaners onder kragonderbrekings gely.

Zimbabwe ondervind gereeld lang kragonderbrekings, maar dít het niks te doen met Suid-Afrika se kragnetwerke nie.

“Ons verskaf al etlike maande geen elektrisiteit aan Zimbabwe nie. Hulle kry dit nou van elders.”

Boonop voer Suid-Afrika meer krag in wat afkomstig is van die Cahora Bassa-dam in Mosambiek en die Inga-hidro-elektriese skema in die Demokratiese Republiek van die Kongo, as wat die land na ander dele uitvoer, aldus Erwin. – Liezel de Lange


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |