Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Hofmeyr: ‘As ek net Natasha weer kan sien lag’
Jan 25 2008 11:12:56:283PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Philip de Bruin


‘Ek vind myself in ’n emosionele doolhof waaruit ek nie sonder moeite sal kan ontsnap nie.”

Só het die sanger Steve Hofmeyr gister in sy eerste gesprek met die media gesê nadat ’n storm die hele week om sy kop gewoed het.

Hy sê sy werk op aarde sal halfpad voltooi wees as hy sy vrou, die aktrise Natasha Sutherland, net weer kan sien glimlag.

Rapport het verlede Sondag ’n ope brief van Hofmeyr se gewese minnares, me. Janine van der Vyver, gepubliseer waarin sy beweer het dat sy en Hofmeyr tien jaar reeds ’n verhouding het (’n groot deel daarvan nadat hy met Sutherland getroud is) en dat sy hom dagvaar vir allerlei “beloftes” wat hy in die duur daarvan sou gemaak het.

Sedert dié bom gebars het, het Hofmeyr hom aan die openbare oog onttrek, behalwe aantekeninge op sy persoonlike blog.

Maar gister het hy met vaste oortuiging in sy stem gesê: “Ek is ongelooflik lief vir Natasha. Vat maar my woord daarvoor dat ons beslis nie gaan skei nie. Geen egskeiding is tans op die tafel nie.”

Natasha, wat in die sepie Egoli bekendheid verwerf het, het ook vandeesweek ’n baie lae profiel gehandhaaf, maar gistermiddag het sy teenoor Beeld haar man se stellings bevestig.

Sy het uit die egpaar se woning in Midrand gesê: “Dankie vir die oorweldigende steun wat ek tot dusver van vriende, familie en wildvreemde mense ontvang het.

“Ek en Steve hanteer ’n komplekse situasie in privaatheid. My gesin se heil kom eerste.”

Hofmeyr sê 2008 is in meer as een ironiese opsig die Waarmaker-jaar.

Waarmaker is die titel van Hofmeyr se jongste CD, wat reeds rekordverkope behaal het.

“Tussen ’n publiek wat ’n verduideliking eis en ’n gesin wat een verdien, moet die kamers van my hart leeggemaak word. Niks hiervan sou ’n probleem gewees het as ek my vrou nie so lief gehad het nie. Natasha weet dit. Me. Van der Vyver het dit altyd geweet. Daarom dié bitter nadraai.

“Ek weet nou, uit die sensasionele aard daarvan, dat die betrokkenes nie gou vrede gegun sal word nie en dat heling vir altyd kan vat. Daarom pleit ek dat elkeen sy private spasie gegun word vir voorraadopname, besinning en regmaak.

“En as iemand veroordeel moet word, mag hulle nooit gesien word as enigiets anders as gewone mense, wie se redes nooit opsetlik ander se pyn ingesluit het nie.

“Vir die miljoene daar buite wat dit moeiliker vind om my te vergewe, bid ek dat jy, jou geliefdes en familie julself nooit in hierdie plek sal bevind nie – nie as oortreder nie, maar veral nie as slagoffer nie.

“Dankie aan almal wat Natasha in hierdie tyd bystaan en dankie aan Natasha wat op haar stil, sterk manier weer almal een voor is.

“Sy voorsien die ergste, maar met niks minder nie as totale liefde vir haar gesin en ondersteuning vir my, haar man, en haar twee seuns.

“My werk hier sal halfpad voltooi wees as ek haar weer kan sien glimlag.”

Hofmeyr sê hy is dankbaar vir die “wye onderskraging en ruim verstaan van die meeste mense om ons, by wie ons uur ná uur put en leer van krag, genade en vergifnis.”

Wat Van der Vyver se dreigende dagvaarding betref, sê hy enige regsprosesse wat reeds begin het, “sal steeds deur my prokureur, mnr. Peet Viljoen, hanteer word”.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |