Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Mbeki hét geweet van Selebi
    Feb 12 2008 11:50:31:773PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Christel Raubenheimer


    Pres. Thabo Mbeki ís herhaaldelik ingelig oor die aard en omvang van die klagte teen die nasionale polisiehoof, komm. Jackie Selebi.

    Verder is die hele kabinet, via die president en me. Brigitte Mabandla, minister van justisie, oor die NV se ondersoek teen Selebi ingelig.

    Adv. Mokotedi Mpshe, waarnemende hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NV), het eergister in ’n beantwoordende verklaring verskeie vergaderings tussen onder meer adv. Vusi Pikoli, geskorste hoof van die NV, Mbeki en Mabandla uitgestippel.

    Die verklaring vorm deel van stukke in Selebi se aansoek in die Pretoriase hooggeregshof om nie vervolg te word nie.

    ’n Dringende aansoek hieroor is vroeër van die hand gewys. Die saak gaan in April voor ’n volbank regters voort.

    Verskeie ministers, onder wie mnre. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, Mosiuoa Lekota, minister van verdediging, en Ngconde Balfour (wat in Nqakula se plek waargeneem het) het op verskillende tye self vergaderings oor die Selebi-ondersoek bygewoon.

    “Die kabinet, via die minister en die president self, is ten volle ingelig oor die feit van ’n ondersoek teen die applikant (Selebi), sowel as oor die aard van die bewerings teen hom,” lui Mpshe se verklaring.

    Intussen het Selebi op 1 Februarie in die Randburgse streekhof verskyn in verband met die aanklagte van korrupsie en regsverydeling teen hom.

    Mbeki hou die laaste paar maande vol hy sou teen Selebi opgetree het as hy inligting gehad het wat dit sou regverdig.

    Pikoli het op 7 Mei 2007 ’n verslag, gemerk hoogs geheim, oor die stand van die ondersoek aan Mbeki gestuur. Selebi het dié vertroulike dokument as deel van sy hofstukke ingedien.

    “Die applikant (Selebi) verduidelik nie hoe hy ’n afskrif van dié ooglopend vertroulike verslag gekry het nie en word spesifiek gevra om dit in sy beantwoordende verklaring te doen,” sê Mpshe in sy verklaring.

    Selebi het in sy stukke gesê hy is nie daaroor ingelig dat daar ’n ondersoek teen hom is nie, of wat die klagtes behels nie. Dít terwyl hy volhou dat hy nie spesiale behandeling vra nie.

    “. . . die applikant, in sy beantwoordende verklaring, ontken aanspraak op enige spesiale behandeling. Dis vir my onduidelik op watter gronde dit voorgestel word dat hy voor die tyd kennis gegee moes word van die aard en omvang van die ondersoek teen hom,” lui Mpshe se verklaring.

    Voorts sê Mpshe dat Selebi, as die verdagte in ’n ernstige misdaadondersoek, nie kan aanspraak maak op spesiale behandeling deur te kenne te gee dat hy geregtig was op die inligting wat die onderwerp van die bewerings teen hom gevorm het nie.

    Selebi vra in sy stukke ’n bevel wat die nasionale direkteur van openbare vervolgings en die direkteur van spesiale ondersoeke dwing om hom ’n kans te gee om op die spesifieke bewerings te antwoord.

    “Die strafregtelike verhoor teen die applikant sal aan hom die geleentheid gee om te antwoord op al die bewerings teen hom,” sê Mpshe.

    Hy ontken ook dat Selebi, of die polisie “wat hy beheer het”, met die ondersoek saamgewerk het. “Inteendeel, dit lyk asof hulle probeer het om die ondersoek te ondermyn.”

    Mpshe sê in sy verklaring die klagte teen Selebi is uiters ernstig. “As dit bewys word, sal dit waarskynlik op ’n noemenswaardige tydperk van gevangenisskap uitloop.”

    ) Mnr. Mukoni Ratshitanga, presidensiële woordvoerder, het gister gesê die presidensie het by verskeie geleenthede al verduidelikings oor die kwessie verskaf.

    “Die saak is voor die hof. Dit het nou die sub judice-arena betree en ons kan dus nie voortgaan om daaroor kommentaar te lewer nie,” het Ratshitanga gesê.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |