Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Trane vloei oor sepie-ster
Feb 16 2008 12:30:11:803AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die wrak van Callie se motor ná die botsing verlede Vrydagaand. Foto: Netcare 911
Annelene Moses


Die trane het gister op die stel van die SABC3-sepie Isidingo gevloei met die nuus van die dood van die gewilde aktrise Ashley Callie (33).

Callie is gistermiddag oorlede nadat sy die afgelope week in die Johannesburgse Hospitaal om haar lewe geveg het ná ’n gru-ongeluk verlede Vrydagaand.

Sy het erge kopbeserings opgedoen toe haar motor reg van voor met ’n ander voertuig gebots het by ’n kruising in die Johannesburgse voorstad Emmarentia. Die vyf insittendes van die ander motor is almal ernstig beseer, maar minstens twee is reeds ontslaan.

’n Woordvoerder van die sepie het gisteraand aan Beeld gesê almal op die stel het mekaar omhels en getroos met die nuus dat hulle ’n lid van die Isidingo-familie verloor het.

Callie het die karakter Lee Haines vertolk.

Traumaberaders is ingeroep om berading aan haar kollegas te bied.

“Almal by Isidingo is soos een groot opregte familie en is naby aan mekaar. Sy was ’n wonderlike mens en ons almal is nog getraumatiseer nadat ons van haar dood gehoor het,” het een van haar mede-akteurs, wat nie geïdentifiseer wou word nie, gisteraand gesê.

Me. Pumla Hopa, uitvoerende vervaardiger, het in ’n verklaring gesê hulle is geskok deur Callie se dood.

“Ashley se professionaliteit en talent gaan gemis word deur ons, die produksiespan, akteurs en vloerpersoneel van Isidingo. Meer as net haar werk as akteur, gaan haar sin vir humor, deernis, sprankel en positiwiteit die meeste gemis word,” het sy gesê.

Hopa het ook gesê die skrywers van die sepie het nog nie besluit hoe om haar dood by die program se storielyn in te pas nie.

Callie moes ná die ongeluk met lewenskake uit haar motor bevry word. Sy was van Sandton op pad huis toe ná die plaaslike bekendstellingsgeleentheid vir die beroemde Pirelli-kalender.

’n Noodoperasie waarin die drukking op haar brein verlig is, is die volgende dag uitgevoer. Sedertdien was sy onder verdowing weens die aard van haar beserings.

Callie is een van vier kunstenaars wat in die kategorie vir beste aktrise vir die eerste Stars of Mzansi-toekennings benoem is. Dié wenners word op 29 Februarie in Pretoria aangekondig.

In 2006 het sy by die eerste Saftas (Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiepryse) die prys as beste aktrise in ’n sepie gewen, maar was ’n veelsydige kunstenaar wat ook in rolprente en verhoogstukke uitgeblink het.

“Ek het geleer om geluk te vind waar ek is, en nie die hele tyd iewers anders daarvoor te soek nie. Ek is gelukkig omdat ek kies om te wees,” het sy verlede jaar in ’n onderhoud met Plus gesê.

) Die akteur Emmanuel Castis, wat voorheen in Isidingo te sien was, het eergisteraand sy deelname aan die danskompetisie Strictly come dancing aan Callie opgedra.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |