Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Razelle: 'Ek's klaar met SA'
Feb 18 2008 08:59:30:913PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Razelle Botha (18) het gister gesê sy is positief en gereed vir die begin van haar intensiewe arbeidsterapie. Foto: Herman Verwey
Verwante Berigte
  • Nóg 'n operasie vir Razelle ná terugslag
  • Pa: 'Dit was wraak'
  • Moeë Razelle sê dankie uit siekbed
  • Topmatriek 'baie positief' ná rower se vyf skote, sê ma
  • Skurk skiet top-matriek
  • Razelle wil dokter word om SA mense te help
  • Virginia Keppler


    ‘Sodra ek op die been is, gaan ek die land verlaat.”

    Só het Razelle Botha van Moreletapark in Pretoria gister gesê kort voordat sy uit die Pretoria-Oos-hospitaal ontslaan is.

    Sy is twee weke gelede vyf keer geskiet tydens ’n gewapende rooftog by haar ouerhuis in Norvalstraat.

    Razelle is gistermiddag na die MuelMed-MediClinic oorgeplaas, waar sy intensiewe arbeidsterapie gaan ontvang.

    “Ons het ’n pragtige land en die mense was baie goed vir my, maar ek dink ek moet gaan – vir my veiligheid.

    “Ek is nou net positief,” het die top-matriekpresteerder, wat verlede jaar agt onderskeidings ingeryg het, oor haar komende behandeling gesê.

    Sy het gesê haar vriende, familie en die verpleegsters is “amazing”.

    “Ek kan heeltemal voel in my linkerbeen en ek kan my regterbeen se spiere beweeg.”

    Razelle het gesê ná haar noue ontkoming is sy nog meer vasberade om ’n dokter te word.

    Sy beplan egter nou om in Kanada in dié rigting te gaan studeer.

    Haar pa, prof. Willem Botha, wat saam met haar tuis was, is in die lies geskiet.

    Hy sterk tuis aan.

    Mev. Cobie Botha, haar ma, het ’n brief oor misdaad aan pres. Thabo Mbeki gestuur.

    Daarin skryf sy: “ Mr. President I am not moaning, sir, I am crying for help!

    “How do I tell my child that she will never be able to walk again when she pleads with me to tell her differently ?”, het die dagblad The Times gister berig.

    Die Johannesburgse skool waarin die 12-jarige Emily Williams was, het intussen aangekondig hy hou oormôre ’n stille optog teen misdaad.

    Emily is verlede week in Fairland, Johannesburg, deur rowers doodgeskiet toe haar ma die rowers by ’n maatjie se huis betrap het.

    Die Trinityhouse Preparatory School in Randparkrif se optog het ook ten doel om sy waardering teenoor die polisie te betoon.

    Die hoof, dr. Herbie Staples, het gister tydens ’n roudiens by die skool gesê: “Wat ons veral uit Emily se dood moet leer, is dat ons moet opstaan teen misdaad en die gebrek aan geregtigheid in ons land. Dis tyd om vir die regering te sê ons is siek daarvoor om te sien hoe onskuldiges slagoffers van misdaad word. Dis onaanvaarbaar dat bejaardes en kinders – die weerloses van ons gemeenskap – beroof, verkrag en vermoor word.”

    Die optog vertrek oormôre om 10:00 by Trinityhouse se hek in Eastwood­straat. Dit sal in Beyers Naudérylaan opbeweeg tot in Dale Lacelaan.

    Dit sal in stilte plaasvind as simbool van respek vir Emily en ander slagoffers van misdaad.

  • Die polisie het intussen ’n vuurwapen wat moontlik verband hou met die rooftog en skietery op die Bothas in die Moreletaspruit gevind.

    Kapt. Colette Weilbach sê dis na die polisie se forensiese afdeling gestuur vir toetse om te bepaal of dit met misdade in en om Pretoria, insluitend Razelle se voorval, verbind kan word.

    Die polisie het ook beslag gelê op ’n hoed wat ’n verdagte by die Bothas se huis agter gelaat het. Weilbach sê die polisie wag nog op uitslae van vingerafdrukke wat in hul huis geneem is.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  •  
    Razelle - Ek is klaar met SA, 19/02/2008, Anton
    Great Razelle! Om Casper de Vries aan te haal:"In Amerika kan jy maar sê die President is Stupid, maar hier by ons is dit...Thabo(e)!" Ek en my gesin is besig om ons wortels uit te trek en sal hopenlik teen 2011 in Brisbane aansluit by sowat 11 gesinne wat ons naaste familie en vriende insluit.
    Ons hoop ons rassistiese regerende party sal nog so non chalant wees wanneer dinge in duie stort a.g.v. 'n gebrek aan kundigheid en entoesiasme van belowende, blinkoog, briljante mense soos Razelle wat nie meer hier is nie. ANC word wakker! Tussen Vigs en Regstellende aksie verloor julle 'n hele generasie van Wit en Swart! Wie gaan oorvat by julle?
    Razelle, leaving, 19/02/2008, Guccii
    Ekke lees met 'n traan in my oog, dat nog 'n briljante afrikaner haar tasse pak en waai, what a pity, but let me say it take 2 to tango ... us running away from SA is not really solvuing the troubles facing our great nation, she should rather unite in our diversity and see how we the youth of SA can make this country of us a country that belongs to each one of us who resides here, in the spirit of UBUNTU, lets see and work towards a true african renaissance, in which we know that we are born from the soil of this land, black, indian, coloured and white ... only we as the youth can make a difference, if only we unite, change our thinking and discard playing the race card.
    Razelle, give your decision a 2nd thought, the grass is not always greener on the other side and crime is everywhere, the reason why we so a part of this crime situation, is because we are living in a country where these act are committed, and the same would have been said have we resided anywhere else outside SA.
    Razelle, 19/02/2008, Bernard
    Go where you are appreciated. This countries goverment sucks. The president is of the most laughed at leaders in the world.
    Razelle, 19/02/2008, Willem
    Ek en my vrou is nou al amper twee jaar in Engeland en wil(wou) bitter graag terug gaan SA toe. Ons weet nou nie meer hoe wys dit sal wees nie. Dit is vir my vreeslik hartseer om te sien hoe Suid-Afrika elke dag agteruit gaan. Miskien moet ons ons seënge tel hierdie kant, soos dit nou vir my lyk.
    Sterkte vir jou Razelle.
    klaar met sa, 19/02/2008, sharls
    razelle, dis net die here se genade dat jy vandag lewe en dit is 'n teken vir 'n tweede kans!! gaan voluit met jou lewe en laat al jou drome bewaar word, maar doen dit asb in 'n ander land!! ek is selfs oppad na 'n ander land, nie omdat ek wil nie maar omdat ek dit vir my dogtertjie skuld!! baie sterkte en voorspoed vir die toekoms!!!
    razel, 19/02/2008, fiji-aan
    (8 jaar gelede weg, nie 'n oomblik spyt nie.
    net jammer dit was nie vroeër nie)
    Razel,jy kan net vooruit kyk en sal nooit terugkyk nie
    voorspoed en geniet jou nuwe begin - wat 'n avontuur!
    Razelle immigreer, 19/02/2008, Erika
    As ek kon sou ek ook immigreer en vanuit 'n ander land sit en ween oor my land wat vergaan as gevolg van onbevoegde mense aan die stuur. Ek is net baie bly jy leef, Razelle en dat jy goed aansterk, want jou pa sou homself sekerlik vir ewig verwyt het omdat hy jou uit die goeie ou SA geneem het en teruggebring het na 'n land van korrupsie, moord en roof, as jy sou gesterf of vermink gewees het.
    Razelle ...., 19/02/2008, Nicolene Nel
    My hart is stukkend vir elke suid afrikaner wat deur misdaad GERUK word. Elke kind wat eweskielik die wrede lewe in die gesig moet staar. Elke kind wat se onskuld weg geruk word van hom/haar.
    Elke ma/pa wat 'n kind verloor deur misdaad. My hart is stukkend oor ons land. My hard huil omdat onskuldige mense moet seerkry. Mense wat nie gevra het om geskiet, verkrag, vermoor te word nie.
    Ma's wat môre in die oë moet staar sonder haar man aan haar sy. 'n Seun van 3 wat se hero van 'n pa weg geraap is voor sy oë! Niemand verdien dit nie ... Niemand verdien die seer van ons land nie. Niemand verdien om in sulke omstandighede te leef nie. Ons mense regte word aan getas en ons president en kabinet doen niks nie. Die vark (want 'n mens tree nie so op nie) het meer regte as die onskuldige slagoffer wat hy na laat. My hart is stukkend ... My hart bloei ... Wie gaan ons kreute hoor ... Hoeveel onskuldige bloed moet nog vloei?
    RAZELLE, 19/02/2008, Lienkie Vosser
    Om in SA te woon is glad nie meer 'n plesier nie, ons kinders word nie groot soos in die dae toe ons jonk was nie. Die regering laat die mense toe om onskuldige kinders te vermoor en niks word daaraan gedoen. As ek kon sou ek ook hierdie land wat eens so pragtig was verlaat het.
    Razelle - Ek is ook klaar met SA, 19/02/2008, Marna Rossouw
    Hi Razelle, eerstens wil ek net vir jou sê dat ek vir jou bid en aan jou dink en baie bly is dat jy so pragtig aangesterk het! Ek en my ou was woedend toe ons hoor wat met jou gebeur het, ons self gaan aan die einde van die jaar die land verlaat en 'n nuwe lewe in New Zealand begin.
    Ons weier om ons kinders in hierdie land groot te maak en hulle bloot te stel aan 'n situasie soos wat met jou gebeur het.
    Suid-Afrika is so 'n mooi land en dit maak my hartseer om te immigreer, maar ons regering wil niks aan die misdaad doen nie en ek gaan nie langer hier bly en wag om te volgende slagoffer te wees nie. Sterkte met jou toekoms Razelle, en alles van die beste!
    Ouers, 19/02/2008, Francois
    Liewe Razelle,
    Die liewe Vader het soveel groot planne met jou en wil jou nog gebruik. Ek dank God dat hy jou spaar en gebruik met talent en al!
    Daar is nie een Suid-Afrikaner wat 'n keur in hul het dat jy jou talente moet gaan gebruik by n volk wat waardering daarvoor het!
    Ons is nou in 'n land met geen toekoms en waar Sangers snags op SABC sing en "ouens" aanmoedig om Blankes te vermoor (Rapport 18 Feb 08)Ek is reeds besig met beplanning om oor te gaan saam my vrou (pas getroud). Ek bid dat God my in 'n posisie sal plaas sodat ek my ouers ook kan oorvat en saam my gaan bly. My droom is dat hul my kinders ook kan sien en gelukkig sal wees!
    Ek sien hierdie geweld nie as "gevalle" nie maar rassisties. Hoeveel keer word ons nie vermoor en niks word gevat...dan is daar mos net een motief!
    Klaar met SA, 19/02/2008, Chantel
    Shoe hoe vinnig het goed nie agter uit gegaan vir ons land nie, dis eintlik baie sad. Ja ons oorweeg ook om ons goed te pak en te gaan, maar weg hardloop is nie altyd die antwoord nie. As elkeen van ons wat kla, ook gaan stem, kan 'n nuwe party aan bewind kom en wie weet, alles kan dalk net verbeter
    Razelle, 19/02/2008, Marius van Rensburg
    Razelle, baie sterkte met die toekoms en alles wat mooi is vir jou en jou familie.Ek dink as almal van ons kon gaan sou ons. Vandag wil ek negatief raak wat ek nooit gewoonlik is nie, ek sê eerder die glas is half vol en nie half leeg nie.Die rede hoekom die regering nie die misdaat wil bekamp nie is dat hulle besig is om ons uit te roei, hulle wil van ons ontslae raak en wat is die beste manier hoe om dit te doen, moor ons mense en dis wat hulle besig is om te doen, ek sal verbaas wees as daar nog wit mense oor tien jaar in die land sal wees want teen daai tyd sal ons almal seker gekiet wees. Razelle weereens sterkte, en ons almal weet dat jy bo sal uitkom.
    Razelle - klaar met SA, 19/02/2008, Ben
    Razelle, baie baie sterkte - ons is so bly dit gaan beter. Jy verdien alle voorspoed, vrede en veiligheid in Kanada - moenie jou tyd mors in SA nie - dit het in 'n absolute hool ontaard.
    Ek wonder net wat ou Dana Snyman nou te sê het - gaan hy nou 'n ope brief aan Razelle ook skryf en vir haar probeer skuldig laat voel en vertel hoe hard hy gaan werk om die land op te bou en reg te maak? En al die ander mense wat die afgelope week of twee almal van ons so uitgekryt en as lafaards uitgemaak het oor ons wil gaan? - Is Razelle ook nou 'n lafaard in jul oë? Razelle - YOU GO GIRL!
    Dokter Razelle *wink*, 19/02/2008, Frank Venter
    Janee, pak jou tassies en jetset oorsee. Hier gaan hulle jou peanuts betaal en jou in 'n hool van 'n hospitaal laat werk (onder dwang)en dan gaan jy moontlik na 2 jaar of 5 jaar, ek weet nie presies hoe lank jy in 'n staatshospitaal moet werk nie, dalk lewendig by die huis aankom na 'n harde dag se werk. oorsee, gaan jy kan werk waar jy wil (altans ek hoop so), jy gaan moeg maar veilig huis toe kan stap of ry, dokters kry daar nie peanuts nie en veilig in jou plekkie kan instap sonder dat die deure ooit gesluit was en kan ontspan sonder om 'n alarm stelsel eers aan te sit, sou jy daaraan dink om dalk een te instaleer..he he he. hoop jy en baie van die ander daar buite het nou besef, die regering sal absoluut niks aan misdaad doen solank hulle geld daarvoor kry nie (ja al die belasting geld op veiligheids dienste en kostes en boedels en al daardie dinge), en die "onderdrukkers van die verlede" daaronder ly nie.
    EK stem Saam, 19/02/2008, Jeanet Volschenk
    Dis net jammer dat die mense in die regering dit te laat gaan agterkom want ons land is 'n gevaar en niemand van hulle dink dit is so erg nie ek sal enige tyd nou oorsee gaan as ek kan want hier is nie 'n toekoms vir ons in die land nie en ek gaan die land regtig nie mis nie .
    Razelle gaan vir goud!!!!!, 19/02/2008, Marlize Venter
    Liewe Razelle, ek wens jou net die beste toe vir die toekoms, ek kan sien jy het nog veggees in jou. As ek kon sou ek ook wou gaan, maar dis nie moontlik nie. Jy is nog jonk, en jy het nog groot moontlikhede. Gaan vir goud, ek het twee klein kinders wat ek moet grootmaak in die land. Al wat ek as ma vir my kinders kan doen is om die Hemelse Vader te vra om hulle te beskerm. Baie sterkte en hou moed.
    razelle, 19/02/2008, anoniem
    jy maak die regte besluit. ek is vier jaar uit en elke dag wat verby gaan word dit net erger vir die jonges. sterkte vir jou!!!
    Razelle - Almal wil gaan, 19/02/2008, Anita
    Niemand kan jou kwalik neem nie. Baie van my vriende het einde verlede jaar besluit dat genoeg is genoeg - net jammer die ANC en en parlementslede lees nie wat aangaan nie. Hulle dink mos nie dat daar is enige gevaar in die land nie. Hulle is baie vinnig om vinger te wys na rassisme - ek het nou al begin wonder wie eintlik rasisties is - WIT OF SWART!!!!!
    Ons word uitgelag in ander lande in Afrika - van die mense se ons is 'n banana republiek, het mense in die parlement wat nie weet wat hulle doen nie en net daar is vir hul eie gewin. Hulle gee nie om wat van die mense (wit, pienk of swart) in die land gebeur nie, net solank hulle in groot huise, blink karre, en by restaurante kan eet waar hulle belangrik voel. Die land is klaar soos Zimbabwe en ander afrika lande - onderwys, hospitale, elektrisiteit, paaie, water ens is klaar in hul glorie in. Sodra iets in die land werk soos Scorpions dan wil hulle ontslae raak daarvan - mens kan seker maar net "bitter lag".
    Razelle, 19/02/2008, Pretorius
    Sterkte vir jou! dit is die beste besluit wat jy kon maak, ek sit ook met 'n knop in my keel want my seun verhuis volgende maand Nieu Zealand toe, ek wens ek kon ook gaan, maar ek kan nie my kleinkinders in die land agterlaat nie. Die regering is so banaal, en korrup dat ek liewer 'n wag voor my mond moet sit. Voorspoed op die pad vorentoe.
    MISDAAD., 19/02/2008, Hannelie Coetzee
    EK HET GEHOOR DAT AS JY IN HOOFLETTERS VIR IEMAND 'N E-MAIL STUUR, JY EINTLIK OP HOM HOM SKREEU! WEL, DIT IS MY DOEL! EK WIL NET BY DIE REGERING HOOR WIE VAN HULLE FAMILIE AL VERMOOR, AANGERAND, VERKRAG, BEROOF, GE-HIJACK OF ONTVOER IS? DIT SAL NOGAL INTERRESANT WEES OM DAN AL DIE ARTIKELS OOR DAAI MISDAAD TE LEES EN OM TE HOOR WAT DIE :MISTERS VAN VEILIGHED EN SEKURITEIT EN POLISIE GAAN DOEN. VANOGGEND HOOR EK OOR DIE RADIO DAT DIE PERSOON WAT 'N VROU IN 2000 IN HAAR OPRIT IN LYNNWOOD VERMOOR HET SE MOORDENAAR VERSAGTEING VIR SY STRAF GEKRY HET OMDAT HY VAN "'N VOORHEEN BENADEELDE" GEMEENSKAP AFKOMSTIG WAS EN DAT HY NIE DIE GELEENTHEID GEHAD HET OM VERDER TE STUDEER NIE EN DAAROM KON HY OOK NIE VIR SY OU BLOEDJIES ORDENTLIK SORG NIE - DAAROM MOES HY MOOR EN STEEL.
    (SIES TOG, SEKER NIE VAN VOORBEHOED GEHOOR NIE EN EK GLO OOK NIE HY WEET IETS VAN INTEGRITEIT, GOEIE WAARDES EN SELFRESPEK NIE ). SY BEROU IS WAARSKYNLIK OOK 'N ROOKSKERM, WANT HOEVEEL VAN ONS "TANS BENADEELDE" KOLLEGAS EN VRIENDE HET VOOR DIE WAARHEIDS EN VERSOENINGSKOMMISSIE OM VERGIFNIS GAAN PLEIT MAAR STAAR NOU IN ELK GEVAL VERVOLGING IN DIE GESIG? (MET DIE ERGSTE STRAWWE DENKBAAR - WANT DIT SKAF DIE "VOORHEEN BENADEELDE GEMEENSKAP" GEWELDIG GENOT OM DIE "TANS BENADEELDE GEMEENSKAP" TE "GRIND" TOT IN DIE GROND EN OF JY NOU DEEL WAS VAN DIE "APARTHEIDS ERA" OF NIE, MOOR SAL JY GEMOOR WORD WANT ONS IS LIG VAN GELAAT.EK - EN SO OOK BAIE VAN MY ANDER VRIENDE, VIND DIT MOEILIK OM IEMAND WAT MOORDPLEEG NET OMDAT HY/SY UIT DIE "VOORHEEN BENADEELDE" GEMEENSKAP KOM, TE VERGEWE. EK WIL OOK AAN DIE REGERING VRA OM VIR ONS OOK ELKEEN SEKURITEITS STELSELS GRATIS TE VERSKAF SOORTGELYK AAN WAT HULLE VIR HULLE EIE PRIVAAT EIENDOM AANGESKAF EN OPGERIG HET, WANT DIT IS AFTER ALL MET ONS EIE GELD WANT DIE PUBLIEK BETAAL HULLE SALARIS.
    Razelle Botha, 19/02/2008, Lee-Anne
    Go for it!!Dis al wat ek vir jou kan sê want 'n toekoms in Suid-Afrika is daar net nie vir ons nie!!Ek sal graag self die land wou verlaat maar my geldsake gaan dit nooit toelaat nie!!!Al raad wat ek vir ons mense het wat agterbly is mense staan saam en vertrou 100 % op die HERE onthou hy sal nie iets op ons pad sit wat HY nie weet ons sal kan hanteer nie!!!Mag die HERE julle almal daar buite beskerm en vir jou die nodige krag en vertroosting gee Razelle sterkte en jy is in gebed elke dag!!!!!!
    Razelle is klaar met hierdie land!!!, 19/02/2008, Daureen
    Wie kan haar kwalik neem, ek sou ook my goed wou vat en landuit vlug!!! dit is jammer, dit is hartseer, en 'n mens voel dat misdaad is totaal en al in chaos. Almal sien hulle kan maar moor en kom weg daarmee, as hulle gevang word hang dit af van die "kinderdae".
    As jou opvoeding die probleem is kry jy versagtende omstandighede!!! Waar gaan ons land heen hoe moet ons ons kinders grootmaak in 'n land waar verkragting en moord 'n daaglikse verskynsel is?? Ons moet ons kinders en onsself toesluit dag of nag want jy kan dit nie waag om op jou gemak te wees nie!!
    Razelle ons is jammer dat dit met jou gebeur het, maar ek verstaan ek sou dieselfde doen, sterkte vir jou en onthou die Here sal jou dra, dit is al wat ons kan doen is om aan ons geloof vas te hou en te bid vir beskerming elke dag!! Sterkte vir jou
    'Ek's klaar met SA', 19/02/2008, Andre
    Ek neem Razelle nie kwalik nie,,,, Verlede week het 'n "vark" in Bedfordview, terwyl my vrou op pad was huis toe, in die pad in geloop en 3 skote op my vrou af gevuur. 2 skote deur haar voorruit en een in die kar se enjin, met die hulp van BO het my vrou nie eers 'n skraap wond op gedoen nie, maar dis die trauma wat ons as Suid Afrikaners moet saam mee leef elke dag.
    Ons is ook besig om na opsies te kyk om hierdie "wonderlike" land van ons te verlaat want my familie se veiligheid is baie meer werd as SA en sy verlakste/vervloekte toekoms, WATSE TOEKOMS????
    Razelle - ek is klaar met SA, 19/02/2008, Rene Kriel
    Razelle, ek neem jou glad nie kwalik nie. Om in 'n EEN PRAGTIGE VREEDSAME S A te kom woon, was 'n bonus, maar met soveel WREDE BARBARE rondom ons, is dit die beste om op vlug te slaan. Ons is almal soos wildsbokke wat op die vlug slaan met die vyand wat elke dag en nag in die bosse vir ons lê en loer - net om ons dood te maak. DIT IS VIR MY AS S A INWONER TOTAAL ONAANVAARBAAR EN DIE REGERING DOEN ABSOLUUT NET NIKS HIERAAN NIE.
    Ou & nuwe regering., 19/02/2008, Deon
    Haar pa het die land destyds verlaat omdat hy geglo het die ou bedeling was verkeerd. Ek wonder nou maar net of hy nog so sterk in die nuwe bedeling glo. Alles maar alles gaan ten gronde in hierdie land. Oor 20 jaar indien nie gouer nie is ons presies waar Zimbabwe vandag is. Ek is seker apartheid sal dan ook die skuld kry.
    Razelle, 19/02/2008, Lizelle Dumas
    Ek vra net die vraag, moet mens eers wag totdat iets met julle gebeur voor julle die land verlaat. Skrik wakker, ek is dankbaar ons het die besluit geneem voor iets met ons gebeur. Neem die regte besluit en vat jou goed en trek Ferreira, dis hartseer maar dis amper soos hulle gese het in die ou dae, 'n selfoon is nie 'n luxury nie maar 'n moet, ek sê immigrasie is nie 'n wil nie maar 'n moet.
    Sterkte, 19/02/2008, Frits
    Hi,
    Wil eerstens net aan Razelle sê, baie sterkte en hoop jy word gou gesond, ons almal dink aan jou! Ek verstaan 100% waarom jy die land wil verlaat, en ek wens jou als die beste toe daar in Kanada.
    Na al die daaglikse gebeure in die land kan die regering nog steeds nie wakker skrik nie, en iets aan die situasie doen nie. En dan wonder hulle hoekom die "skilled" mense die land verlaat? Maak nie saak wat wie sê nie, oor 'n paar jaar is SA soos enige ander Afrikaland.
    Razelle-Klaar met SA, 19/02/2008, sharnelle
    Razelletjie, jy kon nie 'n beter keuse gemaak het nie. Die President is blind en doof vir die misdaadsyfer in ons land. Daar is party dae wat ek wens dat een van sy familie moet deur loop deur geweld, en dalk word sy oë oop gemaak, maar ek glo nie hy sal daaroor worry nie want hy word mos 24/7 beskerm deur wagte, maar wat se beskerming het ons?
    Hierdie swart regering is besig om ons blankes uit ons eie land uit te dryf, want dis mos hulle land, Ek sê dit reguit want ek loop elke dag met haat in my hart rond oor al die geweld en President Mbeki doen net mooi niks, solank hy net die geld kan ontvang hoef hy nie hom te bekommerd oor die misdaadsyfer in ons land nie.
    Bring die doodstraf terug, want ons word beroof van ons land en ons lewens. Ek is doodseker daarvan dat die President dit geniet in dit wat in ons land aangaan, want as hy dit nie geniet het nie, hoekom doen hy nie iets daarom trent nie?
    Razelle, 19/02/2008, Janet van der Merwe
    ek dink sy het 'n beter toekoms ander kant ek het self 4 kinders en vrees elke dag wat van hulle gaan word. Ons almal het nie lyfwagte wat ons beskerm nie. go for it Razelle geniet dit
    Klaar met SA, 19/02/2008, Deon
    Ek kan nie die kind kwalik neem dat sy wil gee pad nie en ook nie dat sy dit verkondig in die pers nie. Dit is mos net logies dat mens jou self uit 'n gevaarlike situasie uit verwyder. Daar is egter die van ons wat nie kan pad gee nie en ons sal net met hulp van bo positief moet bly.
    RAZELLE BOTHA, 19/02/2008, Hannetjie
    Ek kan nie glo dat Thabo Mbeki nie iets aan die geweld in ons land kan doen nie. Hulle sê geweld neem af en is onder beheer - as dit so is waarom hoor mens net van al meer en meer geweld.
    Hulle moet die pampoenskille van hulle oë afhaal en begin wakker word. Ons land is besig om bloed te sien sien en dit gaan net meer en meer vloei. Waarom kan ons as Suid Afrikaners nie maak soos in die een of ander land waar as jy steel word jou hand afgekap.
    Sit die donners op Kerkplein en laat ons hulle brand en moor soos wat hulle met die ander maak.
    Ons Suid-Afrikaners vlug na ander lande en soos hulle vlug kom al hoe meer en meer misdadigers die land in.
    Maak die grense toe soos in die ou dae en laat die mense in hulle lande bly. Hou op om ander jammer te kry, kyk liewers wat in ons eie land aangaan.
    Emigreer!!!, 19/02/2008, Johan Botha
    My dogter is ook 'n top presteerder in matriek vanjaar. Ek is reeds in die buiteland besig om n nuwe lewe van voor af te begin vir my familie. Ek is jammer maar my dogter verlaat RSA so gou as moontlik na sy klaar is met matriek, sy gaan baie beter vir haarself kan doen as om in 'n mislike misdaad paradys RSA probeer 'n lewe te maak...
    Razelle Botha, 19/02/2008, Chris Botha
    Hoe lank gaan dit aanhou. Ons kry al die statistieke wat dui op hoe goed dit gaan. Hoe goed gaan dit werklik. In Engelse "slangtaal" kan 'n mens net sê Catch a wake up, Mr. President, there is reality out there!!".
    Razelle, 19/02/2008, Chrissee
    Razelle, ek is so bly dat jy besig is om gesond te word. Niemand kan en mag jou blameer omdat jy die land wil verlaat nie. Jy wil 'n dokter word om mense te help, jy het so baie om te gee, maar al wat jy gekry het is stank vir dank. Gaan gerus na Kanada waar jou talent sal waardeer word en jou veiligheid respekteer sal word. Alle sterkte vorentoe!
    Razelle, 19/02/2008, Anoniem
    Ek stem saam met jou. Pak jou tassies. Ek gaan ook.
    Algemeen, 19/02/2008, Anoniem
    Dit is asof 'n mens op 'n ander planeet is die misdaad is besig om hand uit te ruk, en ek dink nie net dit is wit mense wat keelvol is nie maar alle rasse.
    Tien jaar terug was daar ander probleme, maar definitief soveel moord, armoede en rassisme nie. Die ANC regering maak die lewe vir ieder en 'n elk in Suid-Afrika ondraaglik, hulle is net besig om hulle sakke vol te stop en die meerderheid Suid-Afrikaners is besig om te krepeer.
    Die bonusse wat hulle elke jaar so plegtig verdien kan hulle nie eerder net 10% daarvan aan werkskepping of enige iets anders skenk nie, het hulle regtig al daai geld nodig vir hulle self hulle kry dan klaar 'n helse salaris elke maand.
    Razelle - Ek is klaar met SA, 19/02/2008, Deon Maritz
    Liewe Razelle. Sterkte met jou terapie. Jy is baie dapper en verdien elke kans om in vrede 'n nuwe begin te maak. Ek hoop van harte dat jy weer gaan loop en dat jou toekoms in Kanada blink gaan wees.
    Suid-Afrika se verlies is Kanada se wins. dit wil lyk as ek so deur Beeld lees dat as Swart mense deur 'n Blanke geskiet word, dan is dit rasisme. As die skoen aan die ander voet is, is dit 'n 'voorval'. Dubbel standaarde as jy my vra. Sodra jy sterk genoeg is, vat die pad en gaan leef voluit in veiligheid!
    Razelle maak 2 van ons!!!!!!!!!, 19/02/2008, Totsiens nuwe S.A
    Ek verlaat die nuwe s.a oor moord verkagting en omdat dit `n land is waar wet en orde nie bestaan nie.Beste van alles is ek kan nie `n rassis genoem word nie want ek en my familie gaan Botswana toe `n land waar as jy steel jou vingers af gekap word en as jy iemand verkrag of vermoor jy gahang word,nou dit is `n land waar ek my kinders wil sien groot word en nie wonder of ons tyd verby is nie!
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |