Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Bokke word wêreld se 2007-sportspan
    Feb 18 2008 08:59:30:040PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Percy Montgomery, Bakkies Botha, Jake White (afrigter), Schalk Burger, Bryan Habana en Butch James van verlede jaar se Springbokspan by die Wêreldbeker-rugbytoernooi gister by die span se Laureus-trofee as sportspan van 2007. Foto: John Gichigi, Getty Images
    Pieter Malan


    St. Petersburg. – Die res van die sportwêreld het gisteraand die Springbok-rugbyspan se prestasie erken toe die Laureus-stigting hulle gekroon het as die beste sportspan van 2007.

    Die uittredende Springbok-afrigter, Jake White, het gistermiddag (SA tyd) die trofee namens die span in ontvangs geneem op ’n gala-geleentheid wat in die beroemde Marinski-teater in ’n yskoue St. Petersburg gehou is.

    Percy Montgomery, Schalk Burger, Butch James, Bakkies Botha en Bryan Habana was die enigste ander lede van die span wat teenwoordig was.

    Een van die eerste mense wat die span met hul toekenning gelukgewens het, is die tennisspeler Roger Federer, wat minute tevore die toekenning as Laureus se sportman van die jaar vir ’n rekord vierde keer agtereenvolgens gekry het.

    Federer, wie se ma aan die Oos-Rand grootgeword het, het aan Beeld gesê hy was verlede jaar in Madrid tydens die Wêreldbeker-eindstryd.

    “Ek was saam met ’n Suid-Afrikaanse vriend en hy het die wedstryd in ’n kroeg gaan kyk terwyl ek by die huis gebly het en dit op televisie gekyk het. Ek was opgewonde toe hulle gewen het en is opgewonde vir hulle vanaand.”

    Die Springbokke het sterk kompetisie gehad van die Australiese krieketspan, wat ook ’n uitstekende jaar agter die rug het met oorwinnings in die Wêreldbeker en die reeks om die As.

    Dit was uiteindelik die manier waarop die span en individuele spelers verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi oorheers het, wat die knoop vir die Bokke deurgehak het.

    Die gewese Springbok-kaptein Morné du Plessis, ’n lid van die Laureus-akademie, het verlede jaar se oorwinning as ’n “epiese hoofstuk in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis” beskryf.

    Die Laureus-sporttoekennings, die sogenaamde Oscars van sport, word elke jaar deur die 43 lede van die Laureus-akademie gemaak – almal afgetrede sportlui wat gedurende hul leeftyd legendariese status in hul onderskeie sportsoorte bereik het.

    Oscar Pistorius, die gestremde atleet wat benoem is in die afdeling vir deurbraak van die jaar, het uiteindelik nie veel van ’n kans gestaan teen die renjaer Lewis Hamilton, wat in dieselfde kategorie benoem is nie en met die louere weggestap het.

    Pistorius het voor die plegtigheid gesê dit was ’n reuse-eer en voorreg om bloot saam met iemand soos Hamilton in dieselfde asem genoem te word.

    Justine Henin van België het die toekenning vir sportvrou van die jaar gekry en die Russiese paalspringer Sergei Bubka het die toekenning vir lewenslange prestasie gekry.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |