Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Jaagtog, kaping én hewige skietgeveg in Linden
Feb 19 2008 02:03:17:570PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Leané du Plessis

'n Vermeende rower is gewond nadat 'n hewige skietery Dinsdagoggend laat tussen rowers en polisie uitgebreek het in Linden in Johannesburg. Die polisie was net voor 12:00 op die uitkyk vir 'n groep rowers wat 'n huis in die omgewing beroof het.

'n Verdagte wit bakkie is opgemerk en 'n jaagtog het ontstaan. 'n Hewige skietery het tussen die rowers en polisie uitgebreek.

In Linden het die bakkie in 'n Honda-motor vasgery waarna die vroulike bestuurder aangerand is voordat haar voertuig gekaap is.

Die polisie het daarin geslaag om die motor van die pad af te dwing. Die booswigte het in 7de Straat in huise ingevlug.

Volgens ooggetuies het 'n hewige skietery weer uitgebreek.

Een vermeende rower is gewond en nog een in hegtenis geneem, maar twee van hul makkers is nog op vrye voete, het 'n polisiewoordvoerder gesê.

Lees die volledige berig Woensdag in Beeld en op www.beeld.com

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |